Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Genesis 18:22: “Die mans het weggedraai Sodom toe, maar die Here het by Abraham bly staan.”


Die Masorete was ’n groep mense wat tussen die 7de en 11de eeu gewerk het. Dit is nou bekend dat hulle ’n spesifieke verandering aan die Hebreeuse teks van Genesis 18:22 aangebring het. Baie vertalings volg hierdie verandering, maar verduidelik dit in ’n voetnoot. Oorspronklik het die teks gesê dat die Here voor Abraham gestaan het. Die Masorete het dit verander na Abraham wat voor die Here bly staan het, omdat hulle nie kon aanvaar dat God voor ’n mens sou staan nie. Dit is asof die Here Abraham nooi om ’n gesprek oor Sodom en Gomorra te begin. 

Die Nederlandse teoloog Jagersma skryf: “Die Here staan hier voor Abraham op ’n manier wat ’n stille uitnodiging aan hom rig om nou te praat. Dit is die Here self wat Abraham uitdaag om vir die bedreigde wêreld in te tree.”

Wanneer God ons seën, soos Hy Abraham geseën het, is daar ’n gevaar dat ons gemaklik raak en net op onsself fokus. Abraham kon maklik met die oordeel saamgestem het. Hoekom sou hy hom oor ander bekommer? Die verhaal van Sodom en Gomorra ontbloot ons sonde van onverskilligheid en apatie. Ons gee op omdat ons dink die wêreld is sonder hoop. Wanneer ons nie bid nie, bereik haat sy hoogste punt. Wat gebeur vandag in jou hart wanneer jy aan hierdie wêreld dink?


Here, help my om deel van die oplossing te wees deur vir die wêreld te bid. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-08-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer