Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

1 Korintiërs 12:31-13:1: “Lê julle toe op die beste genadegawes. Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie. . .”


Die Bybel noem baie gawes wat aan die vroeë kerk gegee is (1 Korintiërs 12-14, Romeine 12, Efesiërs 4 en 1 Petrus 4). Hierdie gawes het gehelp dat die kerk goed funksioneer as die liggaam van Christus. Dit is genadegawes, gegee deur Jesus die Here; dit is die werk van die Heilige Gees en word gedryf deur die verwagting van Christus se nabye wederkoms en die belydenis dat Jesus Here is.

’n Liggaam kan al die dele hê om te werk, maar kan nie oorleef sonder bloed nie. So is dit ook met die liggaam van Christus: Liefde is die bloed. Sonder liefde beteken al die gawes niks. Christene word deur liefde gekenmerk.

Paulus maak dit duidelik. In 1 Korintiërs 12-14 skryf hy dat liefde beter is as enige gawe. In Romeine 12:9 doen hy ’n beroep op opregte liefde. In Efesiërs 4:15-16 skryf hy dat wanneer ons die waarheid in liefde praat, die hele liggaam groei en homself in liefde opbou. Petrus sê ook dat liefde bo alles is (1 Petrus 4:8).

Liefde is wat lewe gee aan al die gawes. Alexandre Rodolphe Vinet het gesê: “Om lief te hê, is om die altaar te bestyg. Soos ’n kers brand, brand liefde deur homself te verteer.”


Here, leer my om lief te hê deur die krag van U vernuwende Gees. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer