Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Efesiërs 4:7: “Aan elkeen van ons is ’n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het.”


Baie kerkleiers praat van die 80/20-reël. Dit beteken ’n klein groepie doen die meeste van die werk, terwyl die meerderheid baie min doen. Sommige mense in die gemeente is oorwerk, moeg en selfs uitgebrand.

Stephan Joubert skryf dat ’n gesonde liggaam ’n gesonde gees huisves. ’n Gesonde kerk is ’n kerk wat onder beheer van en vervul is met die Heilige Gees. Hy is die liggaamsbouer! In ’n gesonde kerk verander die Heilige Gees my van ’n selfsugtige mens na iemand wat besef dat God en ander mense belangriker as ek is. As ek bely dat Jesus Here is en die Heilige Gees ontvang het, dan het ek gawes ontvang om ander te dien (1 Petrus 4:10; 1 Korintiërs 12:4,7).

Jesus het ’n gelykenis vertel van diensknegte wat talente ontvang het volgens hulle vermoë (Matteus 25:14-30). Diegene wat hulle gawes gebruik het, is geprys. Die een wat niks gedoen het nie, het selfs verloor wat hy gehad het. Hy het nie God se genade of sy verantwoordelikheid verstaan nie (25:21).

Die Heilige Gees bou en versterk hierdie liggaam (Efesiërs 4:16). Wanneer een deel nie sy werk doen nie, ly die hele liggaam. Wanneer ’n paar mense te veel dra omdat ander te min doen, wys dit iets is verkeerd – soos ’n liggaam wat nie op die brein reageer nie.


Here, help my om ander getrou te dien. Amen

Kommentaar

Republikein 2026-08-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer