Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Psalm 22:2: My God, my God, waarom het U my verlaat?


Dis moeilik om God te ervaar in trauma, pyn of groot hartseer. Swaarkry en eensaamheid is ’n tweeling. Hierdie gevoel is erger wanneer ons dink dat geloof ons teen hartseer sal beskerm. Dan kan dit voel asof God ons verlaat het.

Die skrywer van Psalm 22 het dit ervaar. Die woorde “my God” maak die pyn nog skerper. As God regtig my God is, waarom voel dit dan asof Hy so ver weg is? Die psalmdigter onthou hoe God in die verlede gehelp het (22:5,6). Tog bring dit nie troos nie, want dit lyk vir hom asof God nou stilbly.

Hy voel waardeloos en beskryf homself soos ’n wurm wat deur mense verag word (22:7-12). Sy krag is weg en hy voel heeltemal uitgeput (22:15,16,18). Hy voel ook asof vyande hom omsingel. Hulle word beskryf soos sterk, wilde diere wat hom wil vernietig (22:14, 17, 21-22).

Aan die kruis het Jesus self die woorde van hierdie psalm aangehaal (Matt. 27:46). Sy lyding was nog dieper. Hy het werklik die skeiding gedra wat deur ons sonde gekom het. Hy het die straf en verlatenheid gedra wat ons moes dra.

Daarom is ons nooit alleen nie. Deur Christus is God by ons in ons pyn en eensaamheid. Hy is waarlik Immanuel – God met ons. Laat ons Hom prys (22:23-32).


Here Jesus, dankie dat U by ons is in ons pyn. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-08-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer