Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Eksodus 14:14: “Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg.”


Nadat die Israeliete uit Egipte weggetrek het, het Farao gou besef hy het ’n “fout” gemaak. Die vertrek van die Israeliete was ’n groot verlies (14:5-6).

Die Israeliete het self gesukkel om te verstaan dat die Here hulle beskerm. Eksodus 14 beklemtoon Farao se mag en die Israeliete se weerloosheid (14:6, 9-12). Die mense is baie bang (14:10). Voor hulle is die see, en agter hulle is Farao met sy sterk leër. Hulle is in ’n onmoontlike situasie. Op daardie oomblik sê Moses vir hulle om kalm te wees (14:13).

Wanneer ’n situasie vir ons hopeloos lyk, gryp God dikwels in sodat ons leer om op hom te vertrou en nie op ons eie krag nie. Gideon moes dit ook leer toe God sy groot leër kleiner gemaak het (Rigters 7:2-3). 

God is die God van die onmoontlike. Hy het mag oor die see en oor Farao se krag. Daarom moet ons nie op menslike mag vertrou nie (Jes. 30:15). Ons word geroep om stil te wees en op die Here te wag.

Wanneer ons oorweldig voel deur probleme, sonde en slegte omstandighede, herinner Paulus ons daaraan dat niks ons van God se liefde kan skei nie (Rom. 8:31-39). Hoekom? Omdat Jesus Here oor elke mag is – oor sonde, Satan en selfs oor onsself! (Rom. 8:34).


Here, help ons om rustig te wees in U beskerming.

Kommentaar

Republikein 2026-08-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer