Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Eksodus 12:41: “Na vierhonderd-en-dertig jaar, presies op die dag waarop die fees nou gevier word, het die hele volk van die Here uit Egipte weggetrek.”


Elke nuwe geslag moet God se reddingsdade onthou. Die verhaal van die tiende plaag wys hoe die Pasga begin het. Elke mens moes onthou dat God se redding nie net ’n storie van lank gelede is nie – dit is ook ons storie vandag.

Die dood van die eersgeborenes het groot hartseer na elke huis gebring. Mense en diere het gesterf. Rou het die hele land gevul. Farao het die Israeliete dadelik laat trek, want hulle was bang vir nog groter rampe.

Omtrent 600 000 mans het uit Egipte weggetrek. God het sy volk laat groei uit die klein familie van sewentig mense wat oorspronklik daarheen gekom het. God het sy belofte waar gemaak en sy volk baie laat vermeerder.

As Christene dink ons oor hierdie verhaal en onthou dat dit uiteindelik deur Jesus Christus vervul is. Elke keer wanneer ons die nagmaal gebruik, vier ons die grootste Pasga-verhaal. Ons onthou die dag toe Jesus se bloed verlossing gebring het – verlossing van die dood en van die slawerny van sonde.

Die storie van bevryding kry nou ’n nuwe betekenis. Nou is ek vry, saam met miljoene mense uit alle nasies wat hulle vertroue in Jesus Christus stel, die Lam van God. Genade, onbeskryflik groot, het U aan my bewys.


Here, ek prys U vir u wonderlike genade vir alle mense op aarde. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-08-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer