Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Eksodus 12:14: “Hierdie dag moet vir julle ’n gedenkdag wees. Julle moet dit as ’n fees tot eer van die Here vier. 


Die Here het Israel geleer hoe om Hom te aanbid en om te onthou wat Hy vir hulle gedoen het. Byna ’n derde van Eksodus gaan oor aanbidding. Levitikus verduidelik offers en heilige feeste. Deuteronomium lees soos ’n lang preek wat God se volk herinner hoe hulle moet leef. 

In Eksodus 12-13 beveel God die volk om die pasga en die fees van ongesuurde brood gereeld te vier (Eksodus 12:14, 17, 24-25; 13:9-10). Hierdie feeste moes hulle herinner dat God hulle uit slawerny in Egipte gered het. Dit was hulle identiteit: Uit genade gered!

Die geskiedenis wys dat die pasga heringestel is wanneer dit vergeet is. Dit is by Sinai gevier (Numeri 9), toe Israel die beloofde land binnegegaan het (Josua 5:11), tydens die hervormings van Hiskia (2 Kronieke 30), onder koning Josia (2 Konings 23), en weer ná die ballingskap in die dae van Esra (Esra 6). Elke keer is die volk herinner dat hulle aan die Here behoort.

Toe die Israeliete die bloed van die lam aan hulle deurposte gesmeer het, het hulle onthou dat God hulle gespaar en bevry het (12:11-13, 26; 13:14-16). 

Christus is ons Paaslam. Deur sy bloed is ons van sonde verlos en ontvang ons nuwe lewe. Ons leef met hoop op God se toekoms.


Here, help my om U genade te vier omdat ek aan U behoort. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-09-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer