Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Eksodus 11:1: “Met nog een plaag sal Ek die farao en Egipte tref, en dan sal hy julle hiervandaan laat gaan. Ja, hy sal julle onvoorwaardelik laat trek; hy sal julle selfs wegjaag hiervandaan.”


Die ontmoeting tussen Moses, Aäron en die farao is die laaste groot oomblik in hulle lang stryd. Nou kom dit tot ’n einde. Die farao het genoeg gehad van Moses (10:28). Hy jaag hom weg. Ons kan die gespanne atmosfeer aanvoel. Moses verlaat die paleis met woede (11:8). Op pad uit kondig hy die laaste en verskriklikste plaag aan (11:4-7): al die eersgeborenes in Egipte sal sterf. Ná hierdie slag sal die farao nie meer die volk keer nie. Hierdie keer sal hy hulle laat gaan (11:8). Israel se vryheid is nie meer ’n verre droom nie. God se vroeëre belofte dat sy volk nie met leë hande sou weggaan nie (3:21-22), word vervul. Die Israeliete se bure sal vir hulle silwer en goud gee (11:2; 12:35-36). God bly getrou aan sy woord. Wat Hy belowe, doen Hy. Hy alleen is die ware en lewende God.

Die grootste verlossing in Israel se geskiedenis is op die punt om te gebeur. Tog is daar ’n nog groter verlossing wat wag: Jesus Christus, wat sy lewe gegee het om ons van sonde en dood te bevry. Dis ’n ewige verlossing! Hy bring meer as fisiese bevryding!


God van gister, vandag en vir altyd, ons prys U vir U magtige verlossing. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer