Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

Bybelse wysheid

Sanet Pearson

DR. ANNES NEL

Eksodus 9:16: “Daar is net een rede waarom Ek jou nog laat lewe, en dit is dat Ek jou my mag kan wys en my Naam daardeur oor die hele wêreld geroem kan word.”


Haelstorms kan groot skade aanrig. In Eksodus 9 is die haelplaag ’n teken van God se mag en ’n ernstige waarskuwing. Die Here praat weer met die heerser van Egipte (9:13). Tog bly sy hart hard (9:35). Soos met die plaag van die paddas, smeek hy Moses om vir hom te bid en belowe hy om die volk te laat trek (9:28). Hy hou nie sy woord nie. Die Israeliete word beskerm. Nie een haelkorrel val op hulle nie (9:26).

Hier sien ons iets heiligs. Die Here kon die farao dadelik vernietig het, maar Hy is geduldig. Hy wil sy krag wys sodat sy Naam oor die hele aarde bekend sal wees (9:16). Selfs die farao se hardkoppigheid word deel van God se groter plan. Die farao verset hom, maar hy kan nie wen nie. Die Here se doel kan nie verydel word nie.

Party Egiptenaars begin die woord van die Here vrees en bring hulle slawe en vee na skuiling toe (9:20-21). Harte begin verander. God se geduld dra vrug.

Hoe reageer jy op God se waarskuwings? Hy is geduldig en nooi jou om deel van sy plan te wees. Moenie uitstel nie. Draai nou na Hom toe. Verheerlik Hom met jou lewe.


Here, U is magtig en geduldig. Maak ons harte sag. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-03-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer