Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Matteus 21:21: “As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het. Meer nog: Julle sal vir hierdie berg kan sê: ‘Lig jou op en val in die see!’ en dit sal gebeur.”

 

Wanneer Jesus die vyeboom vervloek, maak Hy duidelik dat uiterlike skyn sonder ware vrug ’n doodloopstraat is. God oordeel leë godsdiens wat lewend lyk, maar niks voortbring nie.

Hierdie verhaal is nie net ’n waarskuwing nie. Dit is ook vol hoop. Enigiets wat in die pad van die koninkryk van God staan – skynheiligheid, onreg en valse sekerheid – is verganklik. Wat leeg is, sal verdwyn.

Dit is ontstellend dat selfs die dissipels nie die betekenis begryp nie. Hulle is verbaas oor hoe vinnig die boom verdroog, maar nie oor hoekom dit gebeur nie. Hulle loop saam met Jesus, maar begryp nie die betekenis van die oomblik nie.

Jesus gebruik dit om hulle te leer. Wanneer Hy praat van berge wat verskuif word, belowe Hy nie ’n skouspel nie. Hy nooi ons om Hom deur geloof en gebed te vertrou. Deur geloof en gebed fokus ons op Sy wil. Wat onmoontlik lyk, word ’n werklikheid. Jesus praat van geloof wat bid, luister en gehoorsaam is – nie net ’n gewoonte is of vertoon word nie. Die Here is in staat om dit wat dood is, uit te ruk en nuwe lewe te bring. Ons word uitgenooi om deel van sy visie te wees. Daar is geen doodloopstrate waar Hy aan die werk is nie.

 

Here, bind my vas aan U wat die onmoontlike moontlik maak. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-08-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer