Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

Bybelse wysheid

Bybelse wysheid
Bybelse wysheid
Sanet Pearson

DR. ANNES NEL

Matteus 21:13: “Daar staan geskrywe: ‘My huis sal ’n huis van gebed wees,’ maar julle maak dit ’n rowersnes.”

 

Wanneer Jesus vir die eerste keer Jerusalem binnekom, seën Hy nie die nasie nie. Hy oordeel dit. Hy gaan reguit na die tempel en gooi die tafels om. Sy bedoeling is nie om ’n paar swak gebruike reg te stel nie, maar om te wys dat iets radikaal verkeerd is in die hart van hulle geloof.

Die tempel was bedoel om God se nabyheid te simboliseer. Dit moes ’n plek van gebed, getrouheid en verwelkoming wees, oop selfs vir mense uit ander nasies. Tog sê Jesus dit het ’n rowersnes geword.

’n Rowersnes is nie waar misdade gepleeg word nie. Dit is waar misdadigers wegkruip en dink hulle is veilig. Jesus haal Jeremia 7 aan, waar mense immoreel geleef het, onreg gedoen het en ander gode aanbid het, maar steeds geglo het hulle is veilig omdat hulle tempel toe gegaan het. Godsdiens het ’n skuilplek geword eerder as ’n pad na gehoorsaamheid.

Jesus veroordeel die idee dat godsdienstige aktiwiteite ’n ware verhouding met God en met ander mense kan vervang. 

James Mays het geskryf: “God wil jou hê, nie iets nie.” Jesus roep ons tot lewens van integriteit, waar aanbidding en alledaagse lewe een word. Wanneer ons Jesus volg, gebeur dit. Ons volg Hom, nie rituele nie. In sy lewe sien ons integriteit.

 

Here, vul my met u Gees, sodat my lewe integriteit weerspieël. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-08-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer