Bybelse wysheid 18 Maart
Annes Nel
Totale toewyding
Matteus 26:13: Dit verseker Ek julle: Oral waar hierdie evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot 'n herinnering aan haar.”
Om ’n dissipel van Jesus te wees is een van die grootste voorregte wat ons kan hê. Wat is ’n navolger van Jesus? In slegs enkele verse in Matteus 26 word dit baie duidelik.
Die verhaal van die onbekende vrou wat Jesus salf word deur twee kontrasterende groepe omraam. Aan die een kant beplan leiers en die hoof van die ‘kerk’ om Jesus te verwyder. Aan die ander kant beplan een van Jesus se dissipels om Hom te verraai. Jesus beklemtoon die vierde keer dat Hy sal ly en sterf (sien 16:21, 17:22 en 20:17). Albei groepe sukkel om Jesus se optrede te versoen met hulle verwagtinge vir die Messias.
Hier is egter iemand wat Jesus as die Messias herken, Sy salf Hom met duur olie as simbool van sy koningskap. Steeds verstaan sy dissipels nie dat Jesus se teenwoordigheid absolute toewyding vereis nie. Hulle redeneer dat die geld wat gebruik word om die duur olie te koop wat op Jesus se kop uitgegiet is, beter bestee sou word om die armes te help. Jesus stop hulle. Hulle moet anders dink. Eerder as mense met ’n groot Messiaanse hoop of praktiese Christene te wees, toon ware dissipels volkome toewyding aan Hom as Koning.
Vader, mag ons almal daarna streef om toegewyde volgelinge van U te wees. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie