Briewe uit die binneland – Op soek na passie (vervolg)
Liewe Genoot
Jy wil waarskynlik weet hoe dit met my gaan. Of my verstand wel die ou negatiewe beelde kan vervang met nuwe positiewe idees, en of my liggaam daarin slaag om haar aan te pas by ’n nuwe verstand en gees sodat die energie nou in ’n toekoms belê word. Ek leer nog oor hierdie kwantummodel, maar ek dink ek begin verstaan. Baie stadigaan.
Verlede week het ek dit gehad oor die Amerikaner, dr. Joe Dispenza se navorsing oor hoe jou brein hergeprogrammeer kan word om van ’n negatiewe leefwyse ontslae te raak, aangesien emosies as’t ware ’n onderdeel van jou identiteit kan word en jou liggaam kan kondisioneer om ’n onseker gees te wees. Want as jy negatief dink, dryf jou brein jou die donkertes in. Maar as jy vir jou ’n positiewe toekoms visualiseer, wag jy nie om beter te voel nie. Want dit sal neerkom op die ou model van oorsaak en gevolg. Die kwantummodel werk immers met die totstandbring van ’n effek. Maar verwerklik jy daardie effek?
Genoot, een ding weet ek nou: om jou brein te herprogrammeer is nie ’n aangebore vaardigheid nie. Jy moet opgelei word, of jouself oplei – soos wat ek hier probeer doen – om jou liggaam te leer hoe om dit wat jy vir jouself visualiseer, konkreet te manisfesteer.
Dit begin as jy wakker word: “Vandag gaan ek nie toelaat dat slegte dinge uit die verlede my boelie nie, want dit mag my nie definieer nie. Ek is nie ’n onseker en ongelukkige bliksem nie.”
Genoot, en dan begin jou dag, en op ’n gegewe moment besef jy dat jy nie meer dieselfde keuses maak as gister nie (bv. om skuldig en onwaardig te voel), en dit voel onbekend en onseker; dit bring onvoorspelbaarheid na vore. Wees voorbereid hierop: die oomblik dat jy nie meer dieselfde keuses maak nie, voel ongemaklik en vreemd. MAAR DIT IS DIE OOMBLIK DAT JY OP PAD IS NA GESOND WORD. In die kwantumfisika word gesê dat jy op daardie oomblik “die rivier van verandering betree”. Maar Genoot, ons moet vastrap; ’n rivier het strome.
Volgense Dispenza (maar ook ander) se navorsing het die mens gemiddeld tussen sesduisend (6 000) en sewentigduisend (70 000) gedagtes per dag. (Ek het gedink ek het net ses . . .) Verdere bronne vermeld dat 95% van hierdie gedagtes hulleself gedurig herhaal! Dus is daar maar weinig variasie in wat ons dink, en dit het my laat besef hoe drasties ek te werk moet gaan om my gedagtes te verander.
Die konsep “metakognisie” dui op die proses om jou leefwyse met behulp van hierdie kwantummodel te verander. Oxford Languages definieer “metacognition” as “an awareness of one’s thought processes and an understanding of the patterns behind them.”
Wat verder vir my lig werp op hierdie veranderingsproses, is die betekenis van die voorvoegsel “meta”. Merrian-Webster definieer meta, en ek vertaal dit in Afrikaans, as verandering en transformasie – dis die breër oorkoepelende betekenis – maar ook as daaropvolgend, in aansluiting by ..., bo en behalwe, ’n later of hoër georganiseerde of gespesialiseerde vorm van ..., meer omvattend . Die bo en behalwe-verklaring maak vir my die meeste sin. Bo en behalwe dit wat jy van jouself weet (jou tekortkominge, jou hartseer, ens.) is daar meer.
Die setel van ons verstand – ons frontale lob – stel ons in staat om BEWUS te wees van wat ons dink, om BEWUS te wees van hoe ons ons gedra en om ons BEWUS te maak van hoe ons voel.
Genoot, nee, ek hou my nie slim nie. Ek is nuuskierig en sou graag wou weet hoe God wou hê dat ek moet dink. Einstein het gesê dat hy die gedagtes van God wil ken. Ek weet dat in hierdie leeftyd ek nooit die gedagtes van God sal ken nie. Maar ek sou graag wou weet hoe God wou hê dat ek moet dink.
Eckhart Tolle sê in sy boek, A new Earth: Awakening to your Life’s Purpose, dat om die gedagtes van God te ken daarop neerkom om bewus te wees wat rondom jou aangaan.
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie