Briewe uit die binneland – Humor in ons DNA
Liewe Genoot
Kodes is vandag belangrik: QR-kodes, rekenaarkodes, sterretjies en hashtags.
’n Kode bevat spesifieke inligting t.w.v. identifikasie. Ons DNA verteenwoordig so ’n kode: ’n molekule wat die genetiese instruksies bevat vir lewe, die bewys van goddelike orde.
Op 25 April 1953 benoem James Watson en Francis Crick hierdie dubbele heliksen, en in die VSA word 25 April as nasionale DNA-dag gevier.
Die verband tussen DNA en geloof word uit verskillend perspektiewe ondersoek. Een invalshoek is dié van die “God-geen”, ’n hipotese wat ’n spirituele aanslag suggereer en verder stel dat dit oorgeërf word. Vanuit ’n religieuse oogpunt word die mens se DNA-kode beskou as die handtekening van God. Wat ek verder raakgelees het as uitvloeisel hiervan, is die beskouing dat die mens se verbanning uit die Tuin van Eden (Genesis 3) tot gevolg gehad het dat mutasies in hierdie goddelike bloudruk ingetree het wat ’n verlies aan die oorspronklike inligting teweeg gebring het, en die mens weerloos gelaat het onder andere teen siektes.
Daarnaas is daar wetenskaplike navorsing wat meer gerig is op die kompleksiteit van DNA, maar dit ook toeskryf aan die moontlikheid van ’n goddelike ontwerp.
The God Gene: How Faith is Hardwired into Our Genes, geskryf deur Dean Hamer (2004) gaan oor ’n vermoede dat daar ’n skakel bestaan tussen ’n mens se aanleg (of aanvoeling) vir spiritualiteit en haar genetiese opbou. Volgens Hamer is spiritualiteit en religie nie dieselfde nie. Spiritualiteit word gemeet aan jou vermoë om na jouself te kyk, wat dus dui op ’n persoonlikheidskenmerk. Religie daarenteen, sou dui op geloof in ’n bepaalde god wat kultureel uitgedra word.
Genoot, maar wat van die mens se sin vir humor? Is dit ’n eienskap opgesluit in ons DNA? Wetenskaplikes het onlangs aangekondig dat hulle ’n geen ontdek het wat gekoppel kan word aan die menslike sin vir humor. Hierdie ontdekking maak moontlikhede oop vir mediese ingryping by mense met ’n – Genoot, vergewe my die eieskepping – SSH-Sindroom. Die eerste S kan tweeslagtig van aard wees: “Sara/Sarel”, die tweede S = “suur”, en die H staan vir ... ja, Genoot, jy is reg! “Hol”, of “holte” indien eersgenoemde te kort(af) klink. Mense met die SSH-Sindroom sukkel om dinge komies te vind, of dikwels word die komiese net eenvoudig nie gesnap nie. Maar is dit so? Verkies SSH-lyers om die snaakse net eenvoudig nie snaaks te vind nie, of is die probleem fisies van aard? Laat ons nie te gou oordeel nie. . .
Charles Epstein (1933 – 2011), Amerikaanse genetikus wat baanbrekerswerk gedoen het op die gebied van o.a. Down-sindroom was bekend daarvoor dat hy oop was vir nuwe moontlikhede in sy ondersoeke. Een daarvan het gelei tot ’n vergelykende studie tussen twee tipes Amerikaners: dié wat Seinfeld (’n komediereeks oor ’n groep vriende in New York) op TV gevolg het, en dié wat die C-Span reeks aangehang het, ’n Amerikaanse uitsending wat verslag doen oor die Amerikaanse Kongres, openbare aangeleenthede en historiese gebeure. Epstein kom toe af op ’n familie in die dorpie, Gobller’s Knob (Kentucky, VSA) wat oor generasies heen bekend was vir hul sin vir humor. In die ontleding van hul DNA-sekwensies is gevind dat die eiwit in die geen van hierdie familiegroep ’n verrassende groot aantal histidines en alanines bevat. Na dié geen is toe paslik verwys as die HAHA-1. Ek verstaan dit so: indien hierdie geen nie sekere proteïnes produseer nie, word dit as’t ware stil, en daarmee saam word humor onderdruk.
Genoot, om te lag, is ontsettend goed vir my. Dit is geesteshigiëne. My skouers word slap, my kop voel lig en my hart, bly. Ek soek dit met my hele hart. Mag my en jou HAHA-1 altyd die nodige voeding kry!
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie