No Image Caption

Breëbors hamelstert

Tielman Van Lill
Van breëbors tot hamelstert. Dis nou ons bure se topmansrugbyspan in Groen en Goud, wat die afgelope Saterdag op Ellispark in Johannesburg terstond soos ’n flouerige kersvlam met 35-23 gesnuit was.

Nadat die Bokke die All Blacks die vorige Saterdag in die Laeveld, Mpumalanga, by die Mbombela-stadion vir die eerste keer sedert 2014 in ’n tuistoets met 26-10 afgeransel het, is die heuningkwaste wyd en syd deur al wat ’n rugbykenner en sportskrywer is uitgehaal.

Die Springbokke is van heinde en verre besing en ’n cum laude-graad vir Kiwi-slag is aan hulle toegeken.

Dit was die Kiwi’s se derde loesing op ’n streep nadat Ierland hulle Juliemaand in Nieu-Seeland met ’n reekssege ore aangesit het. En arme Ian Foster, die All Blacks se hoofafrigter, kon sekerlik al voel hoe die vlymskerp lem van die guillotine hom van sy pos onthef.

Daar is geskryf Rassie Erasmus en Jacques Nienaber se planne kan nie gekritiseer word nie.

Maar nou is die Bokke se tjank afgetrap, seg elkeen wat sy eie rugbykennis en mening hoog ag. En die lang messe is uitgehaal vir Nienaber en sy afrigtingspan oor swak spankeuses en die wedstrydplan wat nie na behore uitgevoer is nie.

Ná die Laeveldtoets het die Kiwi-jagters gemiddeld agt-uit-tien beoordelings gekry, maar ná die fiasko op Ellispark is hulle tot 5.22 uit tien afgemerk.

In Mbombela het Tarzan Marx en ander monsters op die veld verrys. Die All Blacks het glo soos ’n onbeholpe planlose skoolspannetjie gelyk. Maar Saterdag was dit die Bokke wat nie hul antwoorde gereed gehad het nie.

Die gewraakte kelnerin, Suzie, wat na bewering tydens die 1995 Wêreldbeker in die Kiwi-kamp net voor die eindstryd op Ellispark doenig was, se doepa het glo ook laasweek by die Bokke ’n draai gegooi. Ses van die Bokke se ysters en selfs Erasmus was glo op drup om die nodige chillisous terug in die are te kry.

Woeps, is al die euforie by die venster uit. Mostert na die maal, kan mens sê.

Al is die Bokke nou druipstert, vertrek hulle môre na Australië om die Wallabies daar in twee toetse van die Rugbykampioenskap te pak. Die Bokgeskiedenis teen die Wallabies vir die afgelope tien jaar lees soos een van Stephen King se beste rillers.

Sedert 2013 het die Bokke ses keer Doer Onder verloor en een gelykopuitslag afgedwing. Dit sê vir my die Wallabies kan nie onderskat word nie. Die Bokke is in laasjaar se Rugbykampioenskap twee keer deur Australië uitoorlê.

Die Kiwi’s was Saterdag onderskat en nou spog die Nieu-Seelanders heel wintie met 22 springbokkopvelle aan die kapstok in die voorhuis. (Plus dié van Nienaber, Erasmus, Deon Davids en Mzwandile Stick).

Al het die Poemas Saterdag die Aussies met sewe vyfpunters en ’n allemintige rekordtelling van 48-17 in San Juan verskeur, is die Aussies met Dave Rennie as afrigter uitgeslape genoeg om hul beste voetjies op tuisbodem voor te sit. Die “onervare” Wallabies het wel die eerste toets teen Argentinië met 41-26 gewen.

Bongi Mbonambi, Faf de Klerk en Jesse Kriel is beseer, terwyl Kurt-Lee Arendse vir ’n gevaarlike lak vir vier wedstryde geskors is. Genadiglik is Duane Vermeulen weer pure perd.

Die Bokke bly ongetwyfeld ’n kwaliteitspan, maar as jou voete nie op die grond is nie, kan jy nie rugby speel nie.

Ná die toets op 27 Augustus in Adelaide draf die Bokke weer op 3 September in Sydney teen die Wallabies op die veld. Hup, Bokke, hup!

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%