Boodskap in aanloop tot Kersdag
’n Kersboom
THERESA VAN ZYL SKRYF:
Van jongs af word ons groot met ’n opgewondenheid en afwagting vir Kersfees. Selfs as volwassenes hou Kersfees ’n ongekende bekoring in.
Kersfees – Christusfees – vrede – liefde.
Dis ’n tyd om na uit te sien regdeur die jaar, want dis ’n naby-wees-tyd, ’n onthou-tyd, ’n spesiale tyd – veral met die hernude besef dat God Sy enigste Seun vir ons aarde toe gestuur het om ons Verlosser te wees. Dit bring vrede in ons gemoed, omdat ons weet ons is veilig tot in alle ewigheid as ons ook die Jesuskind in ons harte laat gebore word. Dit bring opgewondenheid omdat ons kan uitsien na ’n ewigheid van heerlikheid saam met Jesus in die paradys, in die hemel waar alles is soos God dit oorspronklik bedoel het om te wees toe Hy die paradys gemaak het.
En daarom, is daar die Kersboom. Elke jaar dié tyd, dan word daar in die meeste huise na ’n geskikte Kersboom gesoek. Daar word een in ’n winkel of by ’n kwekery gekoop. ’n Regte, lewende boom, of ’n nagemaakte een. Of daar word iewers in die veld ’n mooi groot tak afgekap en huis toe geneem. Dié boom of tak word staangemaak in die leefkamer of sitkamer om opgetooi te word met versierings.
Baie keer word ’n ster boaan die boom vasgemaak, wat die Bethlehem-ster simboliseer. Allerhande blink versierings en liggies pryk tussen die blare en takke van die boom en ’n Kersboom is sinoniem met Kersfees. Hoekom ’n Kersboom? Hoekom het dit ’n instelling geword deur die eeue heen in die meeste huishoudings?
’n Kersboom verwys terug na die boom van die lewe in die tuin, die paradys. Die boom herinner ons só aan die skepping, asook dat Christus weer sal kom om die skepping te verlos. (Romeine *:19-20) En, die boom staan ook in die paradys wat weer gaan kom en waarna ons kan uitsien. Die voorbereiding en versiering van die Kersboom, kan dus iets van die voorbereiding en wag op die koms van ons Koning weerspie?l.
Want dan sal ons ’n ewige Kersfees hê, elke dag saam met Jesus en al ons geliefdes in die ewige paradys, die hemel.
My gebed vir vandag: Here, dankie dat ek selfs aan U herinner word wanneer ons die Kersboom kies en dit versier. Dankie, Here, dat hierdie nie ’n tyd van gespanne opgewondenheid is oor iets skouspelagtigs wat nog gaan gebeur nie. Maar dat dit ’n tyd van groeiende innerlike stilte en vreugde is omdat ek besef dat Hy op wie se wederkoms ons wag, U, Jesus, alreeds gekom het in die stilte van my hart en dat U daar met my praat elke dag. Ook nou, met die Kersboom naby en met al sy mooiheid.”
Sleutelverse vir verdere lees wanneer jy stil raak:
Genesis 2:9 en Openbaring 2:2,14.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie