Beweerde ontvoering, moorde anderkant Amerika se grens
Van Windhoek tot Uithoek
Mexiko is net ’n klipgooi van ons hier in Texas en is ’n gewilde vakansiebestemming vir duisende Amerikaners.
Die mooi strande, lewendige atmosfeer en bekostigbaarheid lok toeriste van oraloor die wêreld. Om nie eens te praat van die tequilas en margaritas nie.
Na aanleiding van onlangse gebeure, is dit wel belangrik om jou bestemming sorgvuldig te kies en navorsing te doen, want gevaar wag dalk net om die draai.
Verlede Vrydag het vier Amerikaners van Brownsville (VSA) die Mexikaanse grens oorgesteek. Een van die vriende het beplan om ’n maagverkleiningsoperasie (tummy tuck) in die land te ondergaan.
Hulle moes egter deur Matamoros reis om by hul bestemming uit te kom.
Matamoros word bestempel as ’n hoogs gevaarlike deel van Mexiko en is bekend as die tuisdorp van een van die oudste en magtigste kriminele groepe in dié land – die Gulf-kartel.
Die Amerikaanse staatsdepartement se reisadviesstelsel het dié dorp as ’n “Vlak 4: Moenie daarnatoe reis nie” verklaar, wat die hoogste waarskuwing op dié stelsel is.
Die konsulaat het sedert Februarie 2020 minstens vier veiligheidswaarskuwings uitgereik in verband met dwelmkartelgeweld, -misdaad, ontvoerings en voorvalle waarby gewapende groepe betrokke is.
Die vier Amerikaners is helder oordag met vuurwapens gedreig en ontvoer. Twee lyke is Dinsdag by ’n houthuisie buite die dorp gevind. Die ander twee Amerikaners het die voorval oorleef en is terug na Amerika vervoer en word hier behandel.
Video’s en foto’s van die voorval is op sosiale media en nuusplatforms versprei.
Volgens Amerikaanse nuusberigte ervaar die land glo ook ’n opioïed-krisis wat na bewering die oordosis en gevolglike dood van meer as 100 000 Amerikaners veroorsaak het.
Dwelms word na bewering deur die suidelike grens in die land ingesmokkel en owerhede maak vuur onder Biden om op te tree.
Dwelmkartel en opioïede? Klink soos iets uit ’n docuseries op Netflix, maar hier is dit ’n nare werklikheid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie