Begroot vir voorsiening
Vanoggend skryf ek vir julle vanuit die agtergrond van ’n heerlike vakansie van rustigheid en rus.
Ek hoop my gedagtes vind julle op ’n soortgelyke plek – een waar jy uitgerus en gereed is vir die groter dinge wat die jaar mag inhou.
Hiermee praat ek nie spesifiek van werk nie, al staan dit soms dié tyd van die jaar soos ’n groot berg voor ’n mens. Ek praat van die groter dinge van belang wat vanjaar in elkeen van ons lewens gaan gebeur.
Die Here het my gisteroggend met hierdie skrywe in ’n interessante rigting gelei. Die gedagtepad gaan oor tiendes, maar ook daarmee saam die uitdaging wat Hy vir ons in Maleagi 3 vers 10 gee waarin Hy ons vra om Hom te toets daarin of/dat hy nie vir ons in oorvloed sal sorg nie.
Net in die vorige vers word die volk van Israel daarvan beskuldig dat hulle God van Sy tiendes besteel. En dit het my laat dink oor hoe getrou ’n mens in die algemeen dan nou werklik is om jou tiende te gee.
Veral in vandag se tye waar ons aanlyn kerk het – alles is net té gerieflik. Wie sal tog weet of ek geld moet gee en hoeveel? Wel, God weet dit duidelik, want hy het die Israeliete hieroor aangevat. Dink ons dan dat enigiets verander het by God net omdat ons deesdae aanlyn kerk kan bywoon?
In vers 6 sê God dan juis dat Hy nie verander het nie, Hy het dan na die kinders van Jakob omgesien sodat hulle nie verteer sal word nie. Dus is God steeds dieselfde en verwag steeds van ons om ons tiendes aan Hom te gee.
Begrotings, spesifiek, was nog nooit my sterkpunt nie. Maar oor die laaste paar jaar het ek baie oor begrotings geleer en begin verstaan. Hoe weet jy hoeveel geld jy het en moet bestee as jy nie die inligting iewers op skrif vasvang nie?
Skryf neer hoeveel geld jy het of wat die mikpunt(e) vir jou besteding is! So het jy ’n rekord daarvan wat jou herinner waarmee jy besig is en hoe jy van plan is om dit te bestuur. ’n Begroting is dus ’n bestuursplan vir jou geld en planne loop nie altyd soos jy dink dit moet nie. Soms moet die geld in ’n ander rigting gestuur word omdat daar onvoorsiene uitgawes opduik.
In elk geval, God wil graag deel van jou maandelikse begroting wees – hier skryf ek nou lekker vanoggend vir myself.
Veral wanneer ons tye ingaan met minder geld as waaraan ons gewoond is, dan moet ons juis ’n goeie begrip hê van waar die geld vandaan kom en waarheen dit gaan, sodat ’n mens jou finansiële verpligtinge kan nakom.
Wel, God bly dieselfde deur die beter finansiële tye en die slegter tye. Al wat Hy van ons vra, is dat ons nie gedurende hierdie tye ontrou sal wees deur nie ons tiendes aan Hom by te dra nie. Dis eintlik ’n eenvoudige taak, maar ai, ons harte wil tog SO graag net al daardie geldjies vir ons eie gebruik hê.
Die Here daag ons eintlik uit om Hom in ons begrotingsplanne in te sluit, sodat Hy oorvloedig vir ons kan voorsien. Dit is bietjie van ’n breinknoop, maar tog ook nie.
Ek beplan om hierdie Skrifgedeelte in die volgende paar maande te toets. Is daar iemand wat hierdie eksperiment saam met my wil doen en dalk daaroor terugvoering wil gee?
Ek is oortuig dat enigiemand wat ’n doelbewuste poging aanwend om dit te doen, iets sal hê om te vertel, want dit is hoe die Here werk.
Liefde, van Wiesie.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie