Avatar: Fire and Ash bekoor
James Cameron het dit weer reggekry om ‘n storie te vertel wat die grense van rolprentvervaardiging verskuif.
Ek het Avatar: Fire and Ash ’n bietjie vroeër as almal anders gekyk en ek kan sonder twyfel sê dat dit vir my die beste fliek in die reeks is. Voordat ek met my resensie begin, moet ek net sê dat ek heeltemal verkeerd oor hierdie flieks was. Ek het vir ’n lang tyd gedink ek hou nie daarvan nie. Om eerlik te wees, ek het niks van die eerste een gehou nie en ek het nooit regtig tyd gemaak om dit weer te kyk.
‘n Paar weke gelede het ek besluit om dit weer ‘n kans te gee en ek het dadelik verlief op Pandora en die karakters geraak. Skielik het ek hierdie reeks in ’n ander lig gesien en ek was opgewonde om dit verder te verken. Avatar: Fire and Ash is anders as enige film wat ek al ervaar het, en daarom is dit die beste om dit in rolprentteaters te kyk.
Kom ek begin met die negatiewe, aangesien die enigste slegte ding van hierdie fliek die lang speeltyd is. Dit lyk of sommige kritici voel dat die fliek die storie uitgerek het, maar ek het nie die speeltyd gevoel nie. Ek kan egter verstaan hoekom sommige mense nie lus sou wees om deur ’n byna drie-en-’n-half-uur-fliek te sit nie.
Die fliek is vol aksie en dit raak nooit vervelig nie. Ek voel die langer speeltyd gee ons kans om meer van die wêreld en die mitologie van Pandora te verken, terwyl dit ook genoeg ruimte laat vir karakterontwikkeling. Ek was werklik vasgevang in die storie en dit mag wees as gevolg van sommige van die emosionele oomblikke.
Die storielyn is steeds die belangrikste aspek van enige fliek vir my en ek stem saam dat die Avatar-flieks nie die sterkste stories het nie. Ek glo egter hierdie een het die beste storie. Ja, dit voel bekend en dit voel soos ’n hervertelling van die tweede een, maar die karakters word ook op nuwe en opwindende reise geneem.
Ek wil nie die fliek vir enigiemand bederf nie, maar Spider se storielyn in hierdie film was ongelooflik. Hy is wel nie al een wat ‘n goeie storie het nie, die film gee veral die jong karakters tyd om hul stempel af te druk. Ek het dalk ’n paar keer effens emosioneel geraak, omdat die fliek ’n manier gevind het om my te laat omgee.
Ek kan nie oor Avatar praat sonder om ten minste die visuele effekte te noem nie. Dit is die mooiste weergawe van Pandora tot dusver en ek vergeet soms dat die meeste daarvan op ’n rekenaar geskep is. Die kombinasie van klank en asemrowende visuele effekte lig die storie na ’n hoër vlak en maak hierdie fliek onvergeetlik. Dit is gemaak vir rolprentteaters en die enigste manier om die storie ten volle te begryp, is om dit op die grootste skerm moontlik te kyk.
Avatar: Fire and Ash is dalk nie ’n Kersfliek nie, maar dit pas maklik in by die feesseisoen. Dit voel lewensgroot en is gevul met wonderwerke. Ek kan nie wag dat almal dit ervaar nie. Selfs al hou jy nie van die fliek nie, sal jy dit steeds waardeer.
Ek hoop almal het ‘n geseënde Kersfees en ‘n wonderlike nuwe jaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie