As Januarie ’n karakter was
Charlotte sê maar net
Hiep hiep hoera!!!
2025 se uurglas het leeggeloop, tot die laaste korreltjie sand – nie ’n lagie stof oor.
Jou ou dagboek beland iewers in “nie-meer-belangrik-hoekie” en die vars reuk van nuwe dagboekblaaie lag koketterig.
Watter storie/belofte gaan jou pen braak in jou beste handskrif? Ja, jy’ t sommer besluit om jou handskrif in 2026 te “upgrade” – ons is mos nou “upgrade-befoeterd as gevolg van Madam KI (kunsmatige intelligensie).
En ek wonder hoeveel mense het ’n monoloog gehad oor die jaarlikse bedrogspel.
Beloftes en doelwitte uit gewoonte. Dis glo deel van menswees.
Hoeveel van ons het besef hoe erg self-bedrog is? Dis net so goed om jou vlees doelbewus te skend.
Dink maar hoe het dit gevoel toe jy uitvind jou getroue partner is ’n “white collar cheater”.
Herroep die emosies en besef hoe kan mens jou eie hart en siel doelbewus verneuk; jaar na jaar.
As Januarie ’n karakter was sou dit sekerlik die mees getraumatiseerde persoon wees: Blootgestel aan geskende vertroue, lae selfbeeld, vrese vir verwerping/mislukkings, verwarring oor waardes. Moedswillige teistering.
Hoe sou Januarie se gestalte lyk?
’n Muterende hanswors met ’n grynslag? ’n Marionet met gebreekte toutjies; ’n stom starende winkelpop; ’n vampier wat weerlose volwassenes se bloed suig; duisende tokkolossies wat snags op jou brein draf en kekkellag in jou ore?
Ja my minse, kom ons begin by die begin. Herspeel die Krismis-karnaval. Meneer met bonus is nou druipstert nadat Pick n Pay se whiskeyrakke hom op die naam kon roep; die rooi tapyt was elke derde dag uitgerol. Mevroutjie se wange lê die hele vloer vol, bedinges vir wie, vir wat? Sy’t vergeet van die Krismis-studiofotosessies wat n haai-hap in die beurs gevat het. Sy het ge-gammon en ge-poeding om familie te beïndruk, veral die nuwe skoonseun.
Het julle gereken engeltjies sal brandstof in julle motors se tenk piepie? Of dat die Zim-vendors eers moppe en besems los en skryfbehoeftes op die boek gee? Haibo!
Ek kom tot die slotsom: Januarie is nie ’n maand nie. Nee, dis die kalender se stiefkind; ’n tydsone van selfverwyt, want Desember bly mos Queen!
Arme Januarie is ’n verlate voëlverskrikker wat nie eens meer voëls afskrik nie; word liewer oor die maat bestront. Haar eens maroon checkhemp is vaalpienk, want Januarie het haar eie son, moordend warm, asof dit die dom mensdom se brein wil oopskroei, logika tatoeër.
Januarie tesame met ouers ly aan PTSD en “bell phobia” – die vrees vir die skoolklok.
Peanutbutter is uit. want die kinders het neute-allergie, rooi jam lankal nie meer goedkoop nie, so ook Jungle Oats.
Die yskas se maag leeg; mors net krag. Die elektrisiteitmeter menstrueer konstant.
Watermeneertjie van die munisipaliteit kom draai meters toe, sy vingers kriewel.
Ja ja, julle leer nie. Dit was ’n hierie-kantoe-daarie kantoe. Een braai op die ander – ’n malle wals wat teer of dollars. Elke geleentheid MOES met ’n nuwigeit aan die lyf wees, ongeag ’n hangkas wat olifant-swanger is.
Arme Januarie word lewenslank geminag en gemerk as die “villain”. Sy’s die stres-prinses. Wie is hoeka haar ma waar sy kon gaan huil?
As sy kon, het sy vlugtelingstatus op Mars aangevra of weggehardloop, maar nou is sy die eerste skakel in die 12 maande-ketting. Sy wens sy was laaste, dan kon sy stilletjies in die middel van die jaar verdwyn, soos ’n tiener deur die venster. Niemand sou agterkom tot by die 11de maand.
As julle dink julle worry alleen, dink net hoe erg worry JanuWORRY.
Sy wil padgee. Moer toe! Vergoed afspring van julle blaam-trein.
Begin worry nou oor Sir Valentine wat al reeds hipnoties rooierig in jul retina kyk.
Januarie is kapoet. Sy het ’n e-pos na ons Maker gestuur met net een versoek: “RUK ASSEBLIEF U MAAKSELS REG!”
Koebaai, my dom mensDOM! – Gasskrywer
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie