Afrikaans is ons eie
Koos Kombuis beweer (nadat hy ’n nag in ’n Namibiese tronk moes deurbring) dat selfs die graffiti teen die mure – wat dalk in bloed geskryf is – in Afrikaans was.
En hy kom tot die gevolgtrekking dat Afrikaans in Namibië ’n wenner is omdat gewone mense die taal gebruik.
Ek wonder toe – as dit waar is: Hoe het Afrikaans dan só, sonder storms en stryd, deel van die Namibiese samelewing geword? Martin Luther King het beweer: “We do not shape our history. Our history shapes us.”
Ons geskiedenis van Namibiese Afrikaans verbeeld hierdie stelling op ’n interessante wyse.
Aanvanklik het “Hollands”-Afrikaans, soos gebruik deur jagters, trekveeboere en handelaars redelik vinnig noordwes vanaf die Kaapkolonie versprei. Dit het gebeur omdat die Koisan-bevolking self oor die Oranjerivier verskuif het en die taal (wat hulle as arbeiders in die Kaap aangeleer het) saamgeneem het. Daarbenewens was daar ’n sterk bloedverwantskap in die vorm van wettige en onwettige huwelike tussen die trekboere/jagters en die Koi- en Nama-vroue wat die maklike verspreiding van Afrikaans verder aangehelp het. Dit is eintlik verstommend om te sien hoe vinnig en vroeg Afrikaans noord van die Oranjerivier posgevat het. Reeds in 1791 vind Willem van Reenen en sy jaggeselskap Afrikaanse plekname soos: Grootfontein, Sandfontein, Dasjes Fontein en Modderfontein (lg. vandag Keetmanshoop).
Een van die belangrikste redes vir die ontwikkeling van Afrikaans was die invloed van sendelinge. Die Londense, Wesleyaanse en Rynse sendelinge het almal sedert 1806 onder die Nama- en Herero-volk gewerk. Behalwe vir die primêre taak van godsdiensonderrig het hulle gou besef dat onderrig in skole en die daarstelling van gemeenskaplike kommunikasiekanale ’n groot deel van hulle taak is. So is Afrikaans (saam met die inheemse tale) in kerke, skole en vir die opstel van amptelike dokumente gebruik.
Tesame hiermee het nog twee belangrike groepe in Namibië inbeweeg. Die Oorlams-stamgroepe, wat hulle byvoorbeeld by Bethanie, Berseba en Gobabis gevestig het, se algemene voertaal was Afrikaans. ’n Gedeelte hiervan, die Afrikaner-Oorlamsgroep onder Jonker Afrikaner, het Windhoek gevestig. Hulle was ook Afrikaanssprekend en het die taal vir amptelike en nie-amptelike geskrifte gebruik. Die Dagboek van Hendrik Witbooi is een van die bekendste nie-amptelike boeke van daardie tydperk.
Die tweede groep was die Rehoboth-Bastergemeenskap wat uit die Kaapkolonie na Namibië verhuis het. Die Basters se omgangstaal was Afrikaans. Onder hierdie groep was daar bekende Afrikaanse familiename, soos Van Wyk, Cloete en Beukes. Hulle het ook amptelike geskrewe dokumente in Afrikaans gehad, waarvan die “Vaderlike Wette” van 1872, wat hulle regeringstelsel beskryf, ’n goeie voorbeeld is.
Al hierdie invloede het meegebring dat Afrikaans in die 19e eeu op alle vlakke en deur baie bevolkingsgroepe in Namibië gebruik is. In die verband verklaar dr. Ernest Stals dan ook: “Afrikaans is, anders as alle Europese tale, onder en deur die gewone inwoners van die land gevorm en aangepas.”
As dit waar is van Afrikaans in Namibiē, dan wil dit vir my lyk asof Koos Kombuis dalk reg is. . .
’n Persoonlike ervaring ondersteun miskien al die voorafgaande gedagtes. Toe ons in 2008 na Windhoek verhuis het, het ek “versigtig” ’n gesprek met ’n afgetrede 55-jarige soldaat só begin: “Goeiemôre mnr. Shikongo. Watter taal praat ons vandag: Engels, of Afrikaans, of. . .?”
En sy antwoord was: “Nee, ons praat Afrikaans. Dis mos onse taal. . .”
– Gasskrywer
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie