20 jaar gelede
MAANDAG 16 JANUARIE 2006
– Die strydbyle tussen ’n Walvisbaaise ontwikkelaar en die munisipaliteit op dié kusdorp is Vrydag uiteindelik begrawe toe die Hoërhof gelas het 14 seesig-erwe in die buurt Meersig, wat sowat twee jaar gelede saam met meer as 70 ander op ’n omstrede veiling onder die hamer gekom het, kan ingevolge ’n skikking tussen die partye nie in die eienaars se name oorgedra word nie.
– Die “Witman van Okatana”, ofte wel mnr. Frans Aupa Indongo, het gister 70 jaar oud geword.
DINSDAG 17 JANUARIE 2006
– Die 18-jarige Arthur Simon het Sondag wonderbaarlik die dood vrygespring toe die helikopter waarin hy ’n passasier was sowat sewe kilometer noordoos van Mariental neergestort het.
– Namibië se dors word stadig, maar seker geles met opgaardamme wat al hoe voller word ná harde buie in die opvangsgebiede.
– Maande se gesloer van regeringskant om brandstof teen markverwante pryse in Namibië te verkoop, eis môre opnuut sy tol as petrol met agt sent per liter duurder word en diesel se prys met 16 sent per liter styg.
– Onderwysdirekteure dwarsoor die land het gister gesê streekopnames toon dat die grootste probleme met plasing van leerlinge in graad 8 en -11 voorkom.
WOENSDAG 18 JANUARIE 2006
– Ontstoke ouers in die Noorde het behoorlik chaos veroorsaak toe hulle geweier het dat ’n skool in die Ohangwenastreek begin omdat onderwysers glo met hul kinders lol.
– Die vierde in ’n vlaag inbrake wat sedert die begin van die skooljaar by Namibiese skole gepleeg is, het Maandagnag op Otjiwarongo afgespeel toe die Sekondêre Skool Otjiwarongo die volgende teiken van skoolfondsrowers was.
– Die hoofpad tussen Grünau en Karasburg is gisternag vir etlike ure gesluit toe massas water oor die pad gestroom het ná tot 80 mm in dié omgewing gemeet is.
DONDERDAG 19 JANUARIE 2006
– Drie belangrike opgaardamme in die sentrale deel van die land hou nou meer as 80% van die water wat Windhoek nodig het.
– Net na minder as ses maande ná die Avid-beleggingskandaal hom agter tralies laat beland het op klagte van vermeende diefstal en bedrog, sit mnr. Nico Josea vanoggend in die Hoërhof sy stryd voort teen die finale bankrotskapverklaring van sy onderneming Namangol Investments, asook sy persoonlike sekwestrasie.
– Die aantal skole wat sedert verlede week die teiken van skoolfondsrowers was, het gister na vyf gestyg met nóg ’n skool op Grootfontein wat deurgeloop het.
VRYDAG 20 JANUARIE 2006
– Sossusvlei kry water, Aus het in één bui hul gemiddelde neerslag vir die jaar ontvang, die vliegveld op Omaruru is gesluit en op Keetmanshoop het strate in spoelslote verander.
– Die eienaar van Hetaku Lodge, dr. Kuno von Plocki (58), het gister vlugtig op aanklag van moord in die hof verskyn ná ’n beweerde jagongeluk Maandag.
– Pendelaars gaan nie die valbyl vryspring om op te dok vir die onderverhaling van die Regering se energiefonds wat N$204 miljoen beloop nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie