20 jaar gelede
MAANDAG 12 DESEMBER 2005
– “Mense word gewaarsku om ten alle tye hul identiteitsdokumente by hulle te dra,” het die permanente sekretaris van Binnelandse Sake, mnr Samuel /Gôagoseb, Vrydag aan Republikein gesê.
– ‘n Onsekere en bra halfhartige vrede het gister en Saterdag by vakansieplekke van Namibia Wildlife Resorts (NWR) by die see geheers nadat die manne wat betaal het Donderdag die moue opgerol en met gebalde vuiste nader gestaan het.
– Die Erongo-streek is in Desember in ‘n gasheerrol vir die res van Namibië.
DINSDAG 13 DESEMBER 2005
– Wanneer Mamma Africa vir Krismis aansit, word daar nie gespeel nie.
– Namibië is op koers om die doelwitte te verwesenlik wat die Regering gestel het en dit gaan goed met die land.
– ‘n Prokureur van die Noorde verskyn vanoggend in die landdroshof in Windhoek op ‘n aanklag van bedrog waarby ‘n bedrag van meer as N$75 000 betrokke is.
WOENSDAG 14 DESEMBER 2005
– Die stadsraad van Walvisbaai beweeg op ‘n dolle vaart om tot die wortel van die kwaad te delf nadat die hoof uitvoerende beampte van die munisipaliteit, mnr. Gus Katiti, Maandagmiddag voorlopig uit sy amp gesmyt is.
– Die Swapo-leier, mnr. Sam Nujoma, is besig om in die voetspore van berugte totalitëre diktators soos Papa Doc van Haïti en genl. Augusto Pinochet van Chile te volg met ‘n sogenaamde Omusati-kliek wat deesdae die sweep in Swapo-
geledere klap.
DONDERDAG 15 DESEMBER 2005
– In ‘n geskiedkundige stap het ‘n private lugvaartoperateur by die Vervoerkommissie van Namibië beswaar aangeteken teen Air Namibia se aansoek om sy lugvaartlisensie, wat hom in staat stel om as die nasionale redery ‘n geskeduleerde
diens te lewer, te hernu.
– Die Wetsontwerp op Ondernemings in Staatsbesit, wat in ‘n afgewaterde vorm deur die Nasionale Vergadering gestoomroller is terwyl Pres. Hifikupunye Pohamba op ‘n staatsbesoek aan Duitsland was, blyk nou ook ‘n slagoffer van Swapo-
binnegevegte te wee.
– Rössing, die wêreld se grootste oopgroefuraanmyn, is gered.
VRYDAG 16 DESEMBER 2005
– Byna drie uur se stap deur ‘n Britse burger na die Ugab-hekpos van die Skedelkuspark was vrugteloos toe hekwagte geweier het om hom te help.
– ‘n Ongeluk naby Natis se kantore in die hoofstad het die dodetal op die paaie hierdie feesseisoen op vier te staan gebring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie