No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 5 DESEMBER 2005

– Die verdediging in die Caprivi-hoogverraadverhoor het die staat se vermeende voortgesette afrigting van getuies Vrydag subtiel met vervolgingswaansin vergelyk.

– ‘n Jaar nadat hy ‘n feesmaal op Swakopmund genuttig het, is die regte kleingeld op Swakopmund aan ‘n multi-miljoenêr van Switserland, die internasionaal bekende Sauro Albertini, uitgekeer.

– Met die aanvang van die feesseisoen het ‘n 14-jarige seun die afgelope naweek tragies in ‘n motorongeluk op Oranjemund gesterf.

DINSDAG 6 DESEMBER 2005

– Twee onskuldige mense is in die kruisvuur getref toe polisiemanne en ‘n bende rowers Sondagaand teen toemaaktyd by ‘n afdelingswinkel in Katutura met alle geweld op mekaar losgebrand het.

– President Hifikepunye Pohamba se staatsbesoek aan Duitsland het die weg gebaan vir suksesvolle onderhandelinge later vandeesweek oor die volgende twee jaar se ontwikkelingshulp deur dié land aan Namibië.

– Die moordklag teen Pieter Hendrik Spangenberg wat daarvan beskuldig word dat hy mnr. Velino Munenge Jacob verlede jaar op die plaas Zhukov-Wes doodgeskiet het, is bo enige twyfel bewys.

WOENSDAG 7 DESEMBER 2005

– ‘n Tweede senior amptenaar is gister binne die bestek van drie weke by die nasionale uitsaaikorporasie weens beweerde wangedrag geskors.

– Op Donderdag 22 Desember gaan Windhoek se duisende tuisblykinders weer in die gees van die Kersseisoen deel by Republikein en Telecom Namibia se gratis Kerspartytjie in die Zoopark.

DONDERDAG 8 DESEMBER 2005

– Die Duitse regering gaan aanstaande jaar sowat N$41 miljoen as deel van dié land se ontwikkelingshulp aan Namibië beskikbaar stel vir grondontwikkeling in kommunale gebiede.

– Namibië se finansiële aansien is gister verstewig met die bekendmaking van die land se eerste soewereine kredietgradering, wat dit as ‘n goeie beleggersbestemming met ‘n lae risiko geklassifiseer het.

– Namibië staan vir die eerste keer in die geskiedenis voor die moontlikheid dat brandstofvoorraad teen die naweek by sekere diensstasies kan opdroog.

VRYDAG 9 DESEMBER 2005

– Die Hoërhof het gister ‘n spesiale inskrywing op die rekord van die Caprivi-hoogverraadsaak gemaak dat ‘n onbehoorlike en onwettige afwyking van goeie regesprosedures inderdaad die regverdigheid van dié verhoor aangetas het.

– Die notas wat ‘n heksejag teen die voormalige minister van handel en nywerheid, mnr. Jesaya Nyamu, ontketen het, was Woensdagaand die oorwegingsrede waarom hy in sy afwesigheid uit Swapo geboender is.

Kommentaar

Republikein 2025-12-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer