20 jaar gelede
MAANDAG 28 NOVEMBER 2005
– Die kwessie oor die nuwe eienaarskap van Ongombo-Wes, die eerste plaas in Namibië wat deur die Regering onteien is, sal na verwagting met Pres. Hifikepunye Pohamba se besoek aan Duitsland ter sprake kom.
– Die olifantbevolking in die voormalige Damaraland het só aangegroei dat dit nou ’n probleem vir die inwoners geword het.
– Die Swapo-leier, mnr. Sam Nujoma, het tydens die sitting van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies (NV) in 1990 persoonlik sy dank aan die destydse Britse premier, me. Margaret Thatcher, betuig vir haar ingryping in die rampspoedige aanvang van Resolusie 435 om die vredesproses weer op koers te kry.
DINSDAG 29 NOVEMBER 2005
– Grondhervorming was gister hoog op die agenda toe Pres. Hifikepunye Pohamba die Duitse kanselier dr. Angela Merkel ontmoet het.
– In die helfte van die aanloopbaan was die vliegtuig al in die lug en op so 100 tot 150 voet het ek twee knelslae gehoor, swart rook uit die vliegtuig sien kom en toe was daar stilte.
– Die Namibiese brandstofverbruiker betaal nou die prys vir ’n oordeelsfout van die Regering om nie met internasionale oliepryse tred te hou nie en vir maande lank onder te verhaal.
WOENSDAG 30 NOVEMBER 2005
– Die Herero-, Damara- en Namagemeenskappe sal nog ’n tydjie moet wag voordat hulle voordeel sal trek uit Duitsland se hulp wat vir projekte in gebiede waar gemeenskappe woon wat die meeste onder die koloniale oorloë gely het, geoormerk is.
– “Blare en modder, tot die ertjies van Checkers lê vanoggend in die winkel.
DONDERDAG 1 DESEMBER 2005
– ’n Misdaadsindikaat op Aranos is oopgevlek ná verskeie kartondose met veemedisyne glo by die huis van sers. Cedric Abrahams, die onderbevelvoerder van die polisiestasie op die dorp, gevind is.
– Die onregverdighede van die verlede teenoor inwoners van Afrika moet nie in die weg staan om ware vennootskappe tussen Namibiese en Duitse instellings te bou nie.
– ’n Dringende beroep is op die Eerste Minister, mnr. Nahas Angula, gedoen om nie die wetsontwerp op ondernemings in staatsbesit deur die Parlement te probeer stoomroller nie.
VRYDAG 2 DESEMBER 2005
– Die eerste van die twee langverwagte Airbus A340-300’s het gisteroggend kort voor tienuur onder luide gejuig op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako buite Windhoek neergestryk.
– President Hifikepunye Pohamba het in Stuttgart, Duitsland, ’n pleidooi gelewer vir finansiële hulp om die duisende grondloses in Namibië te hervestig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie