20 jaar gelede
MAANDAG 21 NOVEMBER 2005
– Die sentrale bank in Namibië sal nie strenger valutabeheermaatreëls toepas, van die rand wegbreek of die land se lidmaatskap aan die Gemeenskaplike Monetêre Gebied (CMA) opskort om beleggingskandale te voorkom nie.
– Reddingswerkers onder aanvoering van Naudé Dreyer van Walvisbaai het hul hoop gistermiddag op hoogwater gevestig om ’n massiewe boggelrugwalvis terug in die water te kry.
– Die arm en werklose deel van die gemeenskap gaan volgens mnr. Henk Mudge, president van die Republikein Party (RP), die swaarste onder korrupte praktyke gebuk.
DINSDAG 22 NOVEMBER 2005
– Humphrey, die boggelrugwalvis wat suid van Walvisbaai op die strand gelê het, het teen skemer gisteraand in die rigting van Pelikaanpunt na die diepsee gekoers.
– Die Venter-moordsaak het gister ’n nuwe wending geneem toe die 44-jarige Johannes Hendrik Venter sy pa van die moord op die 27-jarige Maritze van Wyk beskuldig het.
– Die aanklaer-generaal weier om die 42-jarige mnr. Zebulen Hijakaere te vervolg wat van verkragting en onsedelike aanranding aangekla was.
WOENSDAG 23 NOVEMBER 2005
– Die 69-jarige mnr. Hendrik Johannes Venter is gister onskuldig bevind aan die moord op Maritsa van Wyk (26) en is ontslaan ondanks pogings deur sy seun, Johannes Hendrik (Johnny) Venter, om al die skuld op hom te pak.
– Gobabis is die afgelope naweek geskud deur ’n gyselaarsdrama waarin vier polisielede deur gevangenes in die polisieselle op die dorp aangehou is.
DONDERDAG 24 NOVEMBER 2005
– Geduld, toewyding en finansiële steun is al wat die Namibia Wildlife Resorts (NWR) kort om eersdaags met van die top-oorde in die land mee te ding.
– Stappe is nou deur beide die NBC-direksie en die polisie geneem om die klagte van bedrog en vervalsing teen die geskorste direkteur-generaal van die NBC, mnr. Gerry Muyama, so gou as moontlik af te handel.
– Die enigste antwoord wat Abisai Kamatjipose gisteraand gehad het vir die treurspel wat hom in sy woonerf in Katutura afgespeel het toe twee verwoede honde die driejarige Donovan Gaweseb uitmekaar geskeur het, was dat hy die twee diere onmiddellik van die gras sal maak.
VRYDAG 25 NOVEMBER 2005
– Die twee honde wat die driejarige Donovan Goweseb Dinsdag in Katutura doodgebyt het, is drie weke gelede op ’n plaas naby Gobabis gesteel.
– Oorlogskadevergoeding is nie op die agenda tydens Pres. Hifikepunye Pohamba se staatsbesoek aan Duitsland aanstaande week nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie