20 jaar gelede
MAANDAG 14 NOVEMBER 2005
– Die Oukwanyama-koningshuis is vir die eerste keer sedert 1917 ten volle herstel en vir die eerste keer in die geskiedenis staan ’n vrou aan die spits van Namibië se grootste en invloedrykste stam.
– Niemand wat inligting oor massagrafte van Plan-soldate wat in die vryheidstryd omgekom het aan die Regering bekend maak, sal vervolg word nie.
– ’n Bekende sakeverteenwoordiger en country-sanger van Tsumeb, mnr Wimpy Wentzel, is gistermiddag op slag dood in ’n ernstige padongeluk tussen Otjiwarongo en Otavi.
DINSDAG 15 NOVEMBER 2005
– Beheer oor beleggings van staatsinstellings sal vandeesweek op die spits gedryf word wanneer die wetsontwerp op staatsbeheerde maatskappye in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê word.
– Die nasionale lugredery dra vanoggend ’n kosbare vrag na Johannesburg.
– Die kantoor van die Verenigde Nasies (NV) in Windhoek het sy gewig agter Namibië se pleidooi ingegooi om as ’n mins ontwikkelde land geherklassifiseer te word.
WOENSDAG 16 NOVEMBER 2005
– “Ek is ’n demokraat en daarom staan ek outokrasie en die politiek van manipulasie teë.”
– Klagtes van bedrog en diefstal is gister by die polisie teen die direkteur-generaal van die nasionale uitsaaier, mnr. Gerry Munyama, gelê nadat hy weens beweerde ernstige wangedrag geskors is.
– Gekwalifiseerde onderwysers sal ingevolge ’n konsepvoorstel wat tot onlangs op die onderhandelingstafel was, maandeliks voor aftrekkings tussen N$367 en N$546 meer verdien.
DONDERDAG 17 NOVEMBER 2005
– Swapo se president en die voormalige staatshoof, mnr. Sam Nujoma, was persoonlik verantwoordelik vir die opdrag aan Plan-lede om op 1 April 1989, lynreg teen die bepalinge van Resolusie 435, Namibië vanuit Angola binne te val met die doel om militêre basisse in die land te kom vestig.
– Namibië se vooruitsig op groei in die toerismesektor lyk belowend nadat die Wêreld Toerismemark (WTM) die bevestiging gegee het dat Namibië se gewildheid as vakansiebestemming binne die volgende vyf jaar baie kan toeneem.
– ’n Forensiese oudit moet gedoen word om vas te stel of klagte van bedrog en vervalsing teen die direkteur-generaal van die NBC, mnr. Gerry Munyama, water kan dra.
VRYDAG 18 NOVEMBER 2005
– Die onuithoubare situasie binne Namibia Wildlife Resorts (NWR) het die vrou wat tot onlangs aan die stuur van sake by die semistaatsinstelling was, genoop om ’n regsproses teen die NWR asook die NBC aan die gang te sit.
– Gebreke in die land se kriminele vervolgingstelsel is gister as ’n nasionale krisis deur die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie bestempel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie