20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 31 OKTOBER 2005

– ’n Bekende Swakopmunder wat Vrydagoggend omstreeks tweeuur vir huisgeweld in hegtenis geneem is, kan een van die warmste kole in die Suider-Afrikaanse misdaadoond wees.

– Die munisipale kas van Swakopmund was Vrydagaand N$21 072 000 ryker nadat 151 erwe die oggend op ’n unieke veiling soos soetkoek verkoop het.

– Die aanklaer-generaal, adv. Martha Imalwa, meen dit is onredelik om te verwag dat die polisie ondanks die omvangrykheid en ingewikkeldheid van die ondersoek na die N$30 miljoen Avid-bedrogspul, reeds tot verdere inhegtenisnemings moes oorgaan.

DINSDAG 1 NOVEMBER 2005

– Planne vir ’n tweede selfoondiensverskaffer vir Namibië sal na verwagting voor die einde van die jaar weer in oënskou geneem word.

– “As ou Dap darem Saterdag daai ordentlike bui reën kon beleef, sou hy ’n gelukkige man gewees het.”

– Die polisie is Sondag na die Mpungu-kiesafdeling in Kavango gestuur om toe te sien dat Kwanyama- en Ndonga-beeswagters saam met die duisende beeste wat onwettig daar wei na die Ohangwena- en Oshikotostreek terugkeer.

WOENSDAG 2 NOVEMBER 2005

– Die landdroshof in Windhoek het gister op sy 97ste dag in aanhouding borgtog van N$30 000 aan die omstrede eienaar van Namangol Investments, mnr. Nico Josea, toegestaan.

– Enkele dae ná Air Namibia die Swakopmund-roete vir passasiers opgegee het, het Comav bekend gemaak dat lugverkeer soos normaal voortgaan vanaf aanstaande Maandag.

– Skaars ’n week nadat die reuse-inentingsveldtog teen hondsdolheid in die hoofstad ten einde geloop word, het veeartse skielik te kampe met twee ander siektes wat honde plattrek.

DONDERDAG 3 NOVEMBER 2005

– Die staat se huidige getuie in die Caprivi-hoogverraadverhoor het gister gesê ’n ondersteuner van dié afstigtingskomplot werk steeds as regsdiener op Katima Mulilo.

– Ekonomiese groei en volhoubare ontwikkeling het gister van Swakopmund oor die ganse Namibië weergalm as die wagwoord vir die toekoms toe die Kabinet hom op die vakansieoord afgesonder het om te besin oor die pad vorentoe.

– Die twee Jones-broers, Chris en Ian, is gister in die Hoërhof daaraan skuldig bevind dat hulle mnr. Gero Joachim Schaum op 14 Februarie 2002 in die omgewing van Brakwater koelbloedig tereggestel het.

VRYDAG 4 NOVEMBER 2005

– Die vonke spat nou behoorlik by Ramatex oor die onproduktiewe werkers wat deurgaans deur die fabriek gesubsidieer moet word en die sukses van die multimiljoendollar-aanleg in gedrang bring.

– Die sowat 120 000 bejaardes en 17 000 gestremde persone wat maandeliks ’n basiese toelaag van N$300 van die Ministerie van Arbeid en Maatskaplike Welsyn ontvang, gaan nou eers weer die eerste Dinsdag in Januarie geld kry.

Kommentaar

Republikein 2025-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer