20 jaar gelede
MAANDAG 3 OKTOBER 2005
– Windhoek sit op ’n behuisingstydbom en die skuld vir die toedrag van sake word voor die deur van die munisipaliteit gelê.
– Druk om betrokkenes te vervolg oor die plasing van ’n advertensie in ’n weekblad Plus oor die dood van die Nazi-vervolger Simon Wiesenthal kom nou ook uit die buiteland.
– ’n Tweede verdagte is aangekeer in die berugte haatspraaksaak waartydens twee mans in die Herero-optog op 13 September ’n plakkaat met die woorde “Kill All Whites” vertoon het.
DINSDAG 4 OKTOBER 2005
– Die Windhoekse middestad is in die greep van stedelike verval met die misdaadsyfer wat besig is om die hoogte in te skiet.
– Kaartjiehouers in die omstrede kompetisie van die Gospel House of Namibia wat verander het na die World Restoration Centre wil weet waar is die ligte dubbelkajuitvragmoter wat Vrydag in ’n soveelste trekking in die kompetisie gewen kon word.
– Die munisipaliteit van Windhoek het ’n gesondheidsprofiel geloods en by dieselfde geleentheid die Gesonde Stede-program in gebruik gestel.
WOENSDAG 5 OKTOBER 2005
– Salarisse van bykans N$100 000 per maand, meer as dubbel die salaris van die Namibiese president, is die jongste skokonthullings uit die staatsektor in ’n land wat nog steeds steier ná ’n vloedgolf van bedrog-, korrupsie- en diefstalskandale.
– Die veiligheidshoof van TransNamib, mnr. Cletius Sipapela, se afdanking is gefinaliseer ná die onlangse mislukking van ’n appél teen sy ontslag.
– Brandbestryders is reeds sedert Maandag besig om ’n veldbrand 55 kilometer suid van Oshakati te probeer blus om te verhoed dat die vernietigende vlamme na Etosha versprei.
DONDERDAG 6 OKTOBER 2005
– Die groeiende probleem van moord, prostitusie, kinderprostitusie, geweld, smokkelary en dwelmnetwerke weergalm deur die land se hoogste wetgewende liggame.
– ’n Bedrogspul rondom eise vir belasting op toegevoegde waarde (BTW) is deur die Ministerie van Finansies oopgevlek.
– ’n Donker wolk van agterdog en wantroue het gisteroggend oor bemiddelde samesprekings oor salarisverhogings vir die bykans 2 000 werkers van TransNamib gehang na verdoemende onthullings oor die man – wat aan die spits staan van die semistaatsinstelling se onderhandelingspan.
VRYDAG 7 OKTOBER 2005
– Uitstallers by die Windhoek Skou blyk die vernaamste bydrae tot die voorvalleregister te lewer terwyl besoekersgetalle gister steeds minder was in vergelyking met dié van dieselfde tydperk verlede jaar.
– Meer as dertig kontrakteurs het gister in hul blokke gesak om vir die tender van etlike miljoene dollar vir die instandhouding van Windhoek se strate te kompeteer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie