20 jaar gelede
MAANDAG 22 AUGUSTUS 2005
– Die mees omstrede en geheime motor in Windhoek die afgelope naweek was ’n Audi A8 van sowat N$880 000 wat in ’n vertoonvenster op sy nuwe eienaar en sleutelfiguur in die Avid-beleggingsdrama, mnr. Lazarus Kandara, wag.
– Die mislukte poging om N$100 miljoen uit die staatsdiens se pensioenfonds (GIPF) te swendel, het die naweek ontaard in ’n agterstraatgeveg van erkennings, ontkennings en moddergooiery.
– Beide die voormalige ministers van handel en nywerheid sê hulle was nie bewus van enige beleggings wat die Offshore Development Company (ODC) tydens hul bestuur gemaak het nie.
DINSDAG 23 AUGUSTUS 2005
– Nog ’n belegger in Namibië het die slagoffer van Great Triangle Investments geword en ’n adviseur van ’n versekeringsmaatskappy in Windhoek is in dié verband geskors.
– Dokters en tandartse sal nooit verantwoordelike poortwagte kan wees in die kostedoeltreffende bestuur van gesondheidsorg nie, tensy hulle ophou om pasiënte te “oorbehandel”, te veel medisyne voor te skryf en bedrog te pleeg.
– Meer besonderhede oor beweerde wanpraktyke deur Financial Investments Services Group Namibia (FIS) ten opsigte van die onderskrywing van begrafnispolisse vir lede van die Namibiese weermag het aan die lig gekom.
WOENSDAG 24 AUGUSTUS 2005
– Vyf lenings van bykans N$75,5 miljoen uit die staatsdiens se pensioenfonds aan bankrot maatskappye en skemas is die jongste skandaal wat Namibië vanoggend skud.
– Een van die sentrale onthullings in mnr. Lazarus Kandara se langverwagte getuienis in Avid se likwidasie-ondersoek was dat direkteure soos mnr. Paulus Kapia nie net “kommissie” verdien het nie, maar dat instemming vooraf hieroor bereik is.
– Die Regering se hoop dat Namibië oor ryk olie- en gasvelde beskik, het gister opnuut opgevlam toe BHPBilliton, die wêreld se grootste en mees betroubare gediversifiseerde hulpbronnemaatskappy, ’n korporatiewe burger van die land geword het.
DONDERDAG 25 AUGUSTUS 2005
– Die omstrede hoof uitvoerende beampte van Avid Investment Corporation, mnr. Lazarus Kandara, het verlede nag agter tralies in ’n polisiesel deurgebring.
– Die twee jaar lange stryd tussen Legal Shield en Namfisa is nog nie verby nie ondanks ’n hofbevel gister rakende die opheffing van die kuratorskap waaronder Legal Shield die afgelope maande verkeer het.
– Die 17-jarige Behati Prinsloo van Grootfontein het die internasionale modewêreld aan haar voete.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie