20 jaar gelede
Vir Vrydag 25 Julie 2025
MAANDAG 18 JULIE 2005
– Die NG Kerk in Namibië (NGKN) het gisteroggend die spreekwoordelike Rubikon na geestelike eenwording en versoening oorgesteek toe Namibië se tweede demokraties verkose staatshoof, Pres. Hifikepunye Pohamba, in ’n boodskap aan dié kerk en sy lidmate gesê het hy is verheug om te sien dat Namibiërs nou één is voor God.
– Uitstaande speurwerk deur die Walvisbaaise polisie het die twee vermeende moordenaars van wyle mnr. Basie Rigaardt die naweek agter tralies gehad terwyl die gemeenskap tydens ’n roudiens afskeid van die gewilde oudsoldaat geneem het.
– ’n 65-jarige weduwee wat reeds die afgelope twaalf jaar alleen na haar boerdery omsien, het gister uit haar hospitaalbed vertel hoe sy Donderdagoggend vir haar lewe moes veg toe sy deur ’n veedief wat pas uit die tronk vrygelaat is, wreed aangeval is.
DINSDAG 19 JULIE 2005
– Avid Investment Corporation se versoek om die aanhoor van getuienis oor agterstallige skulde van N$31,5 miljoen in openbare fondse op ’n grondwetlike sytrajek te rangeer, is gister deur die Hoërhof verwerp as ’n taktiese skuif om tyd te koop.
– Sowat 300 gestrande passasiers – waaronder bejaardes, baba’s en jong kinders – moes eergisternag in “ongemaklike stoele” in die aankomsaal by Gatwick, Londen, oornag nadat Air Namibia se vlug na Windhoek met 24 uur vertraag is.
– Die voortslepende onmin op Okahandja is gister tot by die hoogste gesag gevoer ná munisipale raadslede hul besware teen die heraanstelling van die Tuindorp se hoof uitvoerende beampte, me. Regina Alugodhi, aan die Adjunkpremier, dr. Libertine Amathila, oorgedra het.
WOENSDAG 20 JULIE 2005
– Die munisipaliteit van Windhoek het naarstigtelik begin om die vure van verset teen sy jongste belasting- en tariefverhogings saam met salarisaanpassings vir sy personeel van bykans 1 500 te blus.
– Die Maatskaplike Voorsorgkommissie (MVK) se omstrede N$30 miljoen-belegging by Avid Investment Corporation het die skorsing van nóg ’n senior beampte geëis en kan nog koppe laat rol by dié semistaatsinstelling.
– ’n Beweerde bedrogspul by die gevangenisdiens van die Ministerie van Veiligheid en Sekuriteit gaan nou deur die handelstak van die polisie ondersoek word.
DONDERDAG 21 JULIE 2005
– Armoede, leë beloftes van politieke leiers, wanbestuur en prioriteite kan as die hoofredes aangevoer word waarom waterverbruikers nie hul rekeninge betaal het nie.
– ’n Voormalige Ombudsman van Namibië en tans prokureur van Windhoek staar ’n regsgeding in die Hoërhof in die gesig in ’n ongekende eis in Namibië se regsgeskiedenis waarby trustgelde van die prokureursonderneming betrokke is.
– Parlementêre komitees moet ’n leidende rol speel in die bevordering van die sosio-ekonomiese ontwikkeling van die land.
VRYDAG 22 JULIE 2005
– Reefton Mining, die Australiese maatskappy wat in Maart die ontdekking van ’n nuwe uraanliggaam in Namibië aangekondig het, het gister markte in hul tuisland geskud met ’n aankondiging dat die Namibiese Regering hul eksplorasielisensie afgekeur het.
– Die Ministerie van Myne en Energie gaan hom binnekort na buurlande wend om die dreigende elektrisiteitskrisis wat vanaf 2007 mag voorkom, af te weer.
– Met ’n vervoertoelaag van N$13 000 per maand én ’n vet salaristjek voer mnr. Mike Kavekotora, die hoof uitvoerende beampte van die National Housing Enterprise, dat hy gereed is vir nóg ’n termyn in die NHE-saal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie