No Image Caption

20 jaar gelede

MAANDAG 4 JULIE 2005

– Die nagtelike verkeer op Namibië se paaie het weer ’n lewe geëis in ’n gru-ongeluk tussen ’n padreus en ’n ligte voertuig.

– Windhoek is opnuut in ’n begrotingsknyptang vasgevang en van belastingbetalers word verwag om reeds vanaf 1 Julie op te dok om dié boeke te laat klop.

– Agribank se !Uri !Khubis-fiasko het dié belangrike finansierder aan die landboumark in die moeras van bankrotskap ingesleep.



DINSDAG 5 JULIE 2005

– Windhoek staar een van sy grootste krisisse in die gesig omdat ’n nuwe staatsmaatskappy vir elektrisiteitsvoorsiening aan die hoofstad sy grootste bron van inkomste gaan opslurp.

– In die hart van die Namib – een van die oudste woestyne ter wêreld – durf 18 atlete uit Europa en een Namibiese langasem vandeesweek die elemente en die ongewone terrein aan in die hoop om binne dae altesame 100 myl – of 150 km – af te lê.

– ’n Mate van optimisme heers weer in die pelsernywerheid nadat die finale toelaatbare vangs vir die huidige seisoen op 25 000 ton vasgepen is.



WOENSDAG 6 JULIE 2005

– Die geldfontein van Legacy sal binnekort opdroog sou die direksie van die Windhoek Buitekluboord (WCCR) daarin slaag om die huur- en bestuursooreenkoms met dié Suid-Afrikaanse hotelgroep te beëindig.

– Verskeie pogings is gister op die hoogste vlakke aangewend om die krisis by !Uri !Khubis op die spits te dryf en vir die eerste keer is daar nou amptelike aanduidings dat regstappe ingestel gaan word teen die direksie wat dié reuse-aanleg tot bankrotskap gedryf het.

– Probleme word steeds ondervind met wrakke wat deur Jaber Motor Mania cc. op openbare grond aangehou word.



DONDERDAG 7 JULIE 2005

– Windhoek se munisipale busdiens, een van die grootste verliesmakende dienste van die stadsowerheid, gaan nie meer geprivatiseer word nie.

– ’n Swerm bye en betogers het nog nooit om dieselfde vuur gesit nie en die werkers van die Oshakati Country Lodge kan daarvan getuig.

– Afrika moet hard werk om sy eie belange te beskerm en moet nie bloot op die spitsberaad van die Groep van Agt (G8) staatmaak om probleme op te los nie.



VRYDAG 8 JULIE 2005

– Minstens 45 mense is dood en 360 beseer tydens ’n terreuraanval wat van Amerika na sy getrouste bondgenoot, Brittanje, oor die Atlantiese Oseaan gewaai het.

– Die antikorrupsieveldtog van President Hifikepunye Pohamba se nuwe Regering is in alle erns geloods met ’n skoonmaak-aksie in die Ministerie van Werke, Vervoer en Kommunikasie.

– ’n Koue naweek wag op inwoners van die sentrale hoogland, waar minimum temperature na aan vriespunt aangeteken kan word en selfs ryp vir vanoggend in dele van die hoofstad voorspel word.

Kommentaar

Republikein 2025-09-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer