20 jaar gelede
MAANDAG 27 JUNIE 2005
– Drie jongmense moes voor die naweek met hul lewens betaal vir die ongedissiplineerde optrede van ’n langafstand-vragmotorbestuurder op die pad tussen Namibië en Suid-Afrika.
– ’n Ernstige waarskuwing dat toestande in gevangenisse tot onluste en selfs grootskaalse ontsnapping kan lei wat lewensverlies tot gevolg kan hê, is Vrydag in die Nasionale Vergadering deur die Minister van Veiligheid en Sekuriteit, mnr. Peter Tseehama, gerig.
– Die gordyne by die goewerneurswoning op Mariental het nou finaal toegetrek ná ’n interministeriële ondersoek bevind het dat goewerneur Katrina Hanse staatsdiensregulasies oortree het deur haar suster te gebruik om gordyne vir haar woning met belastinggeld te maak.
DINSDAG 28 JUNIE 2005
– Die Regering gaan binnekort sy hand diep in sy sak steek om water vir die armstes in landelike en stedelike gebiede te subsidieer om die finansiële las van NamWater te verlig.
– Oorbevolking in die aanhoudingselle van die polisiestasie in Wanaheda is die grootste enkele faktor wat bygedra het dat 34 verhoorafwagtendes die afgelope naweek sonder enige teenspraak kon ontsnap.
– Grootskaalse diefstal van geld uit die ontspanningsklubfonds van personeel van gevangenisse landwyd word deur die Kantoor van die Ombudsman ondersoek.
WOENSDAG 29 JUNIE 2005
– Verskeie kriminele aanklagte wat verband hou met die aanblaas van rassehaat en blatante rassisme word deur die omstrede hoofsekretaris van Namibië se Vakbond vir plaaswerkers (Nafwu), mnr. Alfred Angula, oorweeg.
– Die Maatskaplike Voorsorgkommissie het met groot verontwaardiging gereageer op verskeie voorbeelde van beweerde swak bestuur by dié semistaatsinstelling.
DONDERDAG 30 JUNIE 2005
– In ’n rare botsing Dinsdagaand op die rangeerwerf van TransNamib in Windhoek het twee lokomotiewe ontspoor en op hul sye beland.
– Swapo se bondgenoot, die Namibiese Nasionale Unie vir Onderwysers (Nantu) het gister tot die onderwyssalarisstryd toegetree deur ’n ultimatum aan die Regering te stel om onvoorwaardelik voor 30 Augustus die nuwe salarisskale op alle leerkragte in die land van toepassing te maak.
– ’n Vrou van die Babillon-plakkerskamp by Katutura wat haarself voorgedoen het as ’n liefdadigheidswerker met 34 vigswesies in haar sorg en vir wie selfs ’n glansbal ter fondsinsameling gereël is, het haar weldoeners ’n rat voor die oë gedraai.
VRYDAG 1 JULIE 2005
– Vir die gesin Erasmus was Woensdag ’n dag van vreugde met ’n sterk geur van hartseer.
– ’n Funky nuwe toevoeging tot Windhoek se modefront is in die vorm van helderkleurige armbandjies ten bate van jong kankerlyers aan die publiek beskikbaar.
– Die gewese Namibiese onder 21-slot, Niekie Robberts, is sedert 2000 ’n parapleeg ná sy rugmurg in ’n motorongeluk beskadig is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie