20 jaar gelede
MAANDAG 6 JUNIE 2005
– Die samedromming van mense op Oshakati om die lyke van die 27 slagoffers van die grootste enkele motorongeluk in die onlangse geskiedenis van Namibië op te eis, was Saterdag die geleentheid wat aangegryp is om ’n gedenkdiens in die ope by die dorp se polisiehoofkwartier te hou.
– Die laaste hoofstuk in die omstrede sage rondom ’n vermeende moorddadige lokval vir veediewe is uiteindelik ná twee jaar en vier maande dié week in die Gobabis-landdroshof geskryf.
– Swakopmund se Hansa Brouery gaan sluit.
DINSDAG 7 JUNIE 2005
– President Hifikepunye Pohamba vertrek die naweek na Amerika as een van vyf Afrika-leiers wat met pres. George W. Bush gaan samesprekings voer.
– Die Caprivistreek wat steeds sukkel om te herstel na twee rampe van teenoorgesteldes, ’n vernietigende droogte en ernstige oorstromings, is gister geskud ná nóg ’n skandaal met droogtehulp oopgevlek is.
– Hoewel Namibië se verdedigingsbegroting twee keer vinniger groei as die land se algehele begroting, is daar geen verbetering in die land se veiligheidsituasie, in verhouding met sy militêre besteding nie.
– Grondhervorming in Namibië steier vir die soveelste keer weens terugslae nadat die Regering blykbaar ’n moratorium op alle private transaksies met kommersiële plaasgrond geplaas het.
WOENSDAG 8 JUNIE 2005
– Die Minister van Finansies, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het gister wydverspreide voorbehoude oor die jongste begroting van die tafel gevee met die versekering dat die Regering “noemenswaardige pogings” aangewend het om prioriteite te balanseer.
– Die jongste noodvoedselskandaal in die Caprivi het gister daartoe gelei dat ’n landwye ondersoek van stapel gestuur is oor die aanwending en benutting van alle droogtehulp en ander noodleningsbystand aan Namibië.
– Die Eerste Burger van Windhoek het die week op Wêreld Omgewingsdag ’n waarskuwing aan inwoners gerig om nie die munisipaliteit alleen verantwoordelik te hou vir die instandhouding van die natuurlike of maatskaplike omgewing nie.
DONDERDAG 9 JUNIE 2005
– Op die vooraand van een van die grootste massabegrafnisse in die land se geskiedenis, wys ondersoeke deur Republikein dat die padslagting buite Grootfontein die gevolg was van rytoestande wat maklik tot só ’n ramp kon aanleiding gee.
– ’n Boete van N$20 000 óf vyf jaar tronkstraf óf albei was die baie ernstige vermaning van die Regering aan altesaam 1 091 eienaars van kommersiële plaasgrond.
– Temperature onder vriespunt is vir vanonoggend in die Suide voorspel terwyl plekke in die Noorde en sentrale deel van die land na verwagting ook tot naby 0 grade Celsius sou afgekoel het.
– Die Ministerie van Onderwys het ’n hernude beroep gedoen op leerlinge wat verlede jaar die JSC-, HIGCSE of IGCSE-eksamen afgelê het om hul sertifikate by die onderskeie eksamensentrums af te haal.
VRYDAG 10 JUNIE 2005
– Maatreëls gaan binnekort ingestel word om korrupsie te bekamp en die bestuur van staatsake te verbeter.
– ’n Deskundige op die gebied van staatsveiligheid en dissipline is gister as die nuwe polisiehoof van Namibië aangewys.
– Terwyl daar hard gewerk word om die laaste reëlings vir vandag se roudiens en die massabegrafnis môre op Rundu in plek te kry, sit die hoof van die lykshuis in Oshakati met sy hande in die hare.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie