20 jaar gelede
MAANDAG 23 MEI 2005
– Woedende inwoners van Karibib eis die vervanging van die stadsraad nadat NamWater vir die soveelste keer die verskaffing van grootmaatwater as gevolg van die dorp se skuld gesny het.
– Die vlaag van verset teen beweerde onreëlmatighede en korrupsie by verskeie munisipale owerhede in die land groei by die dag en nou brom die gemeenskap van Gobabis oor die doen en late van hul burgemeester.
– Die Namibiese Regering en Weermag handhaaf steeds ’n doodse stilte oor die beweerde seksskandaal waarby NDF-soldate van die VN-vredesending in Liberië betrokke was.
DINSDAG 24 MEI 2005
– Nóg vier mediese diensverskaffers wat oor ’n lang tyd buitensporige hoë eise by die staat se mediese fonds (PSEMAS) ingedien het, se eispatrone word tans gefynkam.
– Die gewese aankoopbestuurder van Telecom Namibia, Lutchmanan van Ganes, het skuld erken op 13 bedrogklagte waarin afvalmateriaal en telefoonpale van meer as N$1,1 miljoen betrokke sou wees.
– ’n Blink toekoms wink vir die negejarige Loura Theron van Grootfontein ná groot Namibiese harte haar sedert vroeg vanjaar deur ’n reuse- mediese krisis gehelp dra het.
WOENSDAG 25 MEI 2005
– Publieke vakansiedag
DONDERDAG 26 MEI 2005
– ’n Tandarts wat ’n mobiele kliniek in die noordooste bedryf en as deel van PSEMAS (die staat se mediese fonds) se omvattende ondersoeke na die sake van sekere diensverskaffers aanklagte van bedrog en diefstal in die gesig staat, het moontlik op die vlug geslaan.
– Verskeie ernstige voorvalle van huishoudelike geweld is die afgelope weke by die polisie aangemeld.
– Namibië se menseregterekord het sedert 2000 verbeter, maar sommige politieke leiers se aanvalle op die regbank en die toename in geweld teen vrouens en kinders bly ’n bron van kommer vir Amnestie Internasionaal.
– Die Regering gaan alles in die stryd werp om die euwel van misbruik van die staat se mediese fonds hok te slaan en wigte en teenwigte in te bring sodat die bose praktyke beëindig kan word.
VRYDAG 27 MEI 2005
– Die water- en elektrisiteitskrisis het Opuwo en Maltahöhe ook getref, terwyl die rooi ligte vir Khorixas, Arandis, Witvlei en Okakarara flikker.
– ’n Hoofkwartier vir die Swapo-party wat miljoene der miljoene gaan kos, is die jongste Nujoma-bestelling, terwyl belastingbetalers glo ook hul hande dieper in hul sakke sal moet steek om die Sam Nujoma–stigting met nog miljoene op die been te bring.
– ’n Taaie kalant is ’n seuntjie van Swakopmund wie se eerste lewenslig gisteroggend dié van ’n lamppaal in Makrielstraat in Vineta was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie