20 jaar gelede
MAANDAG 2 MEI 2005
– Publieke vakansiedag
DINSDAG 3 MEI 2005
– Die Zimbabwiese model van grondhervorming moet in Namibië gevolg word.
– Die “struggle” is verby, het pres. Hifikepunye Pohamba op Walvisbaai aangekondig.
– Die begin van die Mei-skoolvakansie en die Werkersdag-langnaweek het sy tol op Namibiese paaie geëis met minstens sewe mense wat in padongelukke gesterf het.
– Die munisipale gesondheidsafdeling van die Windhoek-munisipaliteit is met ’n intensiewe veldtog teen besoedelde kossoorte besig.
– ’n Lang, harde, stowwerige, maar tog bevredigende 1 500 km lê vir Ingrid Milz en Carolin Janik voor, wat saam met hul vriendin Lesley Haddow van Kaapstad, gister die pad vanaf Kaapstad tot in Windhoek gaan vat as bewusmakings- en geldinsamelingsveldtog vir suikersiekte.
– Meer as die helfte van die sowat 1 500 werkers wat onlangs deur Rhino Garments, filiaal van Ramatex afgedank is, het die kantoor van die Namibiese Unie vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau) Vrydag bestorm en hul loon vir April opgeëis.
– Die uitvoerkwota van vyf Namibiese swartrenosters as jagtrofeë wat verlede jaar by die konvensie oor handel in bedreigde plant- en dierspesies (Cites) goedgekeur is, sal nie aan enige persoon of instansie toegewys word alvorens die konsessies vir trofeejag gefinaliseer is nie.
WOENSDAG 4 MEI 2005
– Publieke vakansiedag
DONDERDAG 5 MEI 2005
– Publieke vakansiedag
VRYDAG 6 MEI 2005
– Op Swakopmund het ’n dief homself gevang. Hy moes uiteindelik op sy prooi roep om hom te kom help.
– Landbou-ekonome en kenners oor swart ekonomiese bemagtiging (SEB) in die landbousektor stem saam die enigste wyse om dit suksesvol deur te voer is om ’n wen-wen-situasie vir wit asook swart boere te skep.
– Die praktiese implementering van die beleid van nasionale versoening, sodat alle Namibiërs hande kan vat en die nasionale oogmerke kan verwesenlik, is Woensdag met die 27ste herdenking van Cassingadag, deur Pres. Hifikepunye Pohamba bepleit.
– Die tweespalt in die Bastergemeenskap is op die vooraand van die 90ste herdenking van die Sam Khubisfees weer op die voorgrond gedryf met die Basterleier, mnr. John McNab, en van Rehoboth se gemeenskapsleier wat in die bokskryt staan.
– Die afskaffing van visumvereistes tussen Namibië en Angola is op die tafel in ’n stap wat een van die grootste struikelblokke in handel en toerisme tussen die twee lande uit die weg gaan ruim.
– Vrae oor ’n insamelingsveldtog deur ’n barmhartige vrou vir hawelose kinders wat onder die verhewe vaandel van Gospel House vaar, kring daagliks wyer uit onder ’n horde kaartjiehouers regdeur Namibië wat aan ’n kompetisie deelgeneem het om dié saak te ondersteun.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie