No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 29 NOVEMBER 2004

– Doemprofete van die waterkantontwikkeling op Swakopmund het deurgeloop toe die kusdorp se burgemeester, me. Rosina //Hoebes, in haar maandverslag vir November en haar jaarverslag gesê het dié ontwikkeling is goed op dreef, ondanks skinderstories tot die teendeel.

– Die erflating van die derde Parlement is ’n ernstige begrotingstekort en ’n groeiende skuldlas wat môreoggend indringend op Kabinetsvlak in oënskou geneem gaan word.

– Kiesers gaan vandag na die stembus vir streekraadsverkiesings onder ’n onweerswolk van beweerde ongerymdhede wat volgens die opposisie al donkerder swel.



DINSDAG 30 NOVEMBER 2004

– ’n Driemanskap van baie jare is op Walvisbaai gebreek toe ’n stormsee hul kajakke meegesleur het.

– Stemmery in die streekraadsverkiesing het gister landswyd op ’n slakkepas begin met verskeie stempunte wat met tye leeg was.



WOENSDAG 1 DESEMBER 2004

– Die regering se nuwe voertuigvloot van 858 gehuurde sedans, bakkies, bussies en stasiewaens is opnuut in die kalklig.

– Die stembusse het gisteraand om 21:00 gesluit en die tel van stemme in die streekraadsverkiesing begin vanoggend om 08:00 in die onderskeie kiesafdelings.

– Hoop op oorlewing vir twee jong Walvisbaaiers het gister gekwyn met ’n laaste desperate soektog in die omgewing waar hulle Sondagaand oos van Pelikaanpunt buite Walvisbaai in ’n sterk suidwestewind met hul kajakke in die moeilikheid beland het.



DONDERDAG 2 DESEMBER 2004

– Die omstrede majestueuse staatshuis wat in Auasblick in aanbou is, het die leeueaandeel uit die gebeurlikheidsfonds se noodtoedeling aan regeringsinstansies gekry, na die Minister van Finansies, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, gister die erns van fiskale dissipline en besparing as rede voorgehou het vir die feit dat geen bykomende begroting beskikbaar is nie.

– Die hoofbegroting wat in Maart vanjaar ingedien is en deur ekonome as ’n “wonderwerk-begroting” beskryf is, het soos voorspel, nie gerealiseer nie.

– Nuwe toetreders tot verkiesings en ’n georganiseerde Swapo-kragtoer buite sy tradisionele magsbasisse het die streekpolitieke landskap van Namibië dramaties verander.



VRYDAG 3 DESEMBER 2004

– Voertuie ouer as vyf jaar sal van die eerste Januarie aanstaande jaar nie meer toegelaat word om die land binne te kom nie.

– Die stempersentasie van die afgelope streekraadsverkiesing is 13,5 persent meer as in die 1998-verkiesing, maar in dié proses het die DTA van Namibië 14 van sy 16 kiesafdeling verloor.

Kommentaar

Republikein 2024-12-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 22° | 36° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 23° | 33° Gobabis: 24° | 34° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 21° | 36° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 15° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 24° | 41° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 19° | 38° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 23° | 36° Maputo: 24° | 41° Windhoek: 23° | 33° Cape Town: 16° | 21° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 23° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 23° | 38° Harare: 21° | 36° #REF! #REF!