20 jaar gelede
Maandag 15 Desember 2003
- Die mees gesoekte mens in Irak, die voormalige president en diktator, Saddam Hussein, is in Amerika se hande na hy Saterdagaand omstreeks 17:30 GMT by Ad Dawr, naby sy tuisdorp, Tikrit deur Amerikaanse magte in hegtenis geneem is.
- Volgens die Nasionale Vereniging van Menseregte (NSHR) is nog agt Capriviane die naweek onwettig na Namibië gesmokkel.
- Die presidensiële kommissie van ondersoek het Vrydagnamiddag toegeslaan op ’n getuie en sy liefmeisie se huis om hul hande te lê op bewyse van moontlike korrupsie by die Padowerheid (RA).
Dinsdag 16 Desember 2003
- Dit het ’n Suid-Afrikaner by name Paul Roodt gekos om die koors oor die grens te dra.
- Die agt vermeende Caprivi-afstigters wat Vrydag na Namibië gedeporteer is, het gister in die landdroshof op Katima Mulilo op aanklagte van hoogverraad verskyn.
- Die Padowerheid (RA) se “generaal” het gister beweer dat die presidensiële kommissie waarskynlik as onbevoeg uitgemaak sal word indien hulle nie aanbeveel dat sy die trekpas kry nie.
- Die paar druppels reën wat gister middag oor Windhoek uitgesak het, was glo die beste kans vir reën wat inwoners van die stad dié week kan verwag.
Woensdag 17 Desember 2003
- Die Namibiese Polisie het gister die gebruik van alle noodligfakkels wat met die hand afgevuur word en van Chinese afkoms is, met onmiddellike effek verbied.
- Pakhuise van al dertien streke se kantore van die Noodbestuurseenheid (REMU) is reeds met genoegsame droogtevoedsel vir Desember en Januarie voorsien, terwyl alle oë op die internasionale skenkergemeenskap gerig is om die sukses van vanjaar se droogtehulpprogram te verseker.
- Lisensies om in ’n gebied van meer as 100 000 hektaar noord van Otjiwarongo na goud te soek, is vroeër die maand aan ’n buitelandse mynmaatskappy toegestaan.
Donderdag 18 Desember 2003
- Die wisselkoers het gister ’n kernplofkop geword waarmee die wêreld se grootste oopgroef-uraanmyn uit die Namib geblaas kan word.
- Al 174 studente aan die Universiteit van Namibië wat met vals toelatingskwalifikasies by dié inrigting studeer, is onmiddellik as studente gederegistreer en alle studiekrediete wat hulle opgebou het, is tot niet verklaar.
- Malariasterftes in Namibië het in die afgelope drie jaar met meer as 50% gedaal, terwyl bykans 60% van alle Namibiërs in malariagebiede woon.
Vrydag 19 Desember 2003
- Bykans 56 persent van die 29 056 voltydse graad 10-leerlinge in 458 skole dwarsoor Namibië, kon nie vanjaar die pyp rook in die nasionale eksamen vir die junior sekondêre sertifikaat, beter bekend as die JSC-eksamen, nie.
- Die drastiese vermindering in prysverhogings van veral voedsel, het verlede maand gelei tot ’n inflasiekoers vann 3,59% in Namibië – die laagste sedert die land dertien jaar gelede onafhanklik geword het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie