No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Maandag 14 April 2003

- Die doeltreffende bestuur van Namibië se geïntegreerde waterbronne is ’n voorvereiste vir ekonomiese voorspoed en maatskaplike oorlewing.

- Namibiërs het die naweek by die 29ste jaarlikse Nederburg-wynveiling bykans tien persent van die aanbod vir meer as N$500 000 gekoop.

- Terwyl ’n forensiese ondersoekspan na beweerde wanpraktyke by die Padowerheid (RA) op goedkeuring wag om met hul werk te begin, is die span deur die uitvoerende hoof van die RA as “onbevoeg” vir die taak beskryf.

Dinsdag 15 April 2003

- TransNamib se werkers kan Namibië se totale vervoersektor en die landsekonomie ’n ernstige knou toedien wanneer ’n staking net ná die komende Paasnaweek en kort voor die begin van die skoolvakansie begin.

- Ontevredenheid het gister in ’n opstand op Rundu verander nadat mense wat vir droogtehulp geregistreer is, nie hul kos ontvang het nie.

Woensdag 16 April 2003

- Die Omarururivier is in vloed. Water in die rivier is gister onder die brug by Omaruru deur en gistermiddag het berigte uit die opvangsgebied daarop gedui dat dié waterbron van duisende mense nog sterker afkom.

- Veevrektes weens die koue weer, wat met harde reënbuie die naweek gepaard gegaan het, het in die Rehoboth-omgewing voorgekom.

- Weke van bespiegeling oor die toekoms van Namibië Brouery (NBL) is gister uit Johannesburg tot ’n einde gebring met ’n aankondiging dat Heineken Internasionaal B.V. en die drankreus, Diageo Plc., in ’n geskiedkundige stap ’n direkte aandeel van 28,98% in NBL bekom het.

Donderdag 17 April 2003

- Namibiese verbruikers gaan vir minstens die volgende vier maande kreun onder die koste van plaaslik verboude mielies wanneer die Namibiese mielie-oes hopelik verkoop en verwerk sal wees.

- Hervestiging van grondlose mense bly nie net vir Namibië nie maar in die hele Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap ’n brandende vraagstuk.

- Die nuwe vennootskap tussen Namibië Brouerye, Heineken en Diageo is gister in Windhoek verwelkom as ’n “huwelik wat deur reën tot jare van voorspoed geseën is”, maar in Suid-Afrika word hierdie nuwe alliansie beskou as ’n sameswering om die uitsoekbiermark in dié land op te raap.

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer