No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Maandag 31 Maart 2003

- Die Ministerie van Grondsake, bygestaan deur die Polisie en Immigrasie-beamptes, begin môre landwyd met ’n sogenaamde verifikasieproses op kommersiële plase “om die nasionaliteit en status van grondeienaars” te bepaal.

- ’n Groot man het die wêreld deurkruis en uiteindelik aan die hand van ’n sluipmoordenaar gesterf omdat hy daarin geglo het dat mense gelyk geskape is, omdat hy sy land en sy mense onafhanklik wou sien en omdat hy ware nasionale eenheid nagestreef het.

Dinsdag 1 April 2003

- Die bekamping van korrupsie en die handhawing van fiskale dissipline was gister in die visiere van President Sam Nujoma toe hy sy toespraak oor die stand van sake in die land in die Nasionale Vergadering (NV) gelewer het.

- Die stryd tussen die Suid-Afrikaanse Brouery (SABMiller) en Namibië Brouerye oor die bemarking van Coper Crest as ’n sorghumbier het gister uitgekring met ’n reuse-ondersoek deur die Departement van Doeane en Aksyns na die wettigheid van dié invoere ná die beslaglegging op duisende liters van die bier deur die Namibiese owerhede.

Woensdag 2 April 2003

- Die nasionale sewesrugbyspan wat gister van ’n internasionale toernooi uit Hongkong na Namibië teruggekeer het, is almal vir die simptome van Akute Asemhalingsindroom (SARS), die dodelike vorm van longontsteking wat veral Asië die afgelope weke teister, getoets.

- Tergende vrae oor die gru-ongeluk waarin Harry Simon einde verlede jaar by Langstrand betrokke was, sal waarskynlik ná sy eerste hofverskyning op 24 April nog vir ’n wyle onbeantwoord bly.

- Die Munisipaliteit van Windhoek was gister die eerste plaaslike owerheid wat aangedui het dat hy genoodsaak is om alle munisipale tariewe in sy nuwe begroting op te stoot as gevolg van die nuwe grootmaat-elektrisiteitstarief.

Donderdag 3 April 2003

- Die oorhandiging van ’n petisie teen die Amerikaans-geleide koalisie se oorlog in Irak het gister gepaard gegaan met die verbranding van Amerikaanse vlae en gemoedere wat by tye hoog geloop het.

- Nog ’n vrou van gevorderde leeftyd het Dinsdag omgekom in ’n rooftog.

Vrydag 4 April 2003

- Air Namibia se tweede Boeing 737 op sy daaglikse vlug na Johannesburg en Kaapstad is vandeesweek ingespan en gister amptelik op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako bekend gestel.

- Die beweerde omkooptaktiek van Namibiese polisiebeamptes by padblokkades is opnuut in die kollig met ’n oud-Namibiese egpaar wat ’n nagmerrieverhaal aan Republikein vertel het ná ’n onlangse besoek aan hul geboorteland.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer