Photo Caption
Photo Caption

20 jaar gelede

-

MAANDAG 13 NOVEMBER 2006

– Twee gebreekte neuse en ’n string ander beserings was Saterdagmiddag die bewysstukke van ’n verwoede rugbyslag in Casablanca, Marokko.                                 

– Die nasionale karweier se omstrede hoofpersoneelbestuurder, mnr. Jason Hamunyela, en dalk ook die hoof uitvoerende beampte, mnr. John Shaetonhodi, behoort nog vanjaar te weet wat hul lot by hierdie semi-staatsinstelling is.    


DINSDAG 14 NOVEMBER 2006

– Vyftien van 22 verdagtes verskyn vandag op klagte van korrupsie en bedrog in die hof nadat die eerste sewe gister hul verskyning gemaak het.        

– ’n Vrou is gistermiddag in Windhoek dood en ’n peuter beseer toe hul voertuig voor die neus van die besturende direkteur van Trustco Internasionaal, mnr. Quinton van Rooyen, se olyfgroen Bentley beland het. 

– Tolke se besluit om vanaf gister as deel van ’n vuurwarm salarisstryd geen meer klerklike werk te doen nie, het volgens navrae by sekere howe in die land tot groot ontwrigting gelei.                                                          


WOENSDAG 15 NOVEMBER 2006

– Namibiërs kan dalk nog voor Kersfees die groot droogte beleef te opsigte van Coca-Cola en verwante gaskoeldranke.                                   

– In ’n gebaar van ongekende solidariteit het al die opposisielede gistermiddag uit protes teen die bykomende begroting uit die Nasionale Vergadering gestap.

– Nalatigheid en pligsversuim van amptenare van verskillende staatsinstellings kan moontlik die oorsaak wees vir die herhaalde verkragting van ’n twaalfjarige seun wat in afwagting van ’n verhoor in die polisieselle op Swakopmund aangehou is.   


DONDERDAG 16 NOVEMBER 2006

– ’n Dobbelspel vir hoër salarisse tussen die staatsbeheerde Windhoek Buiteklub- en Ontspanningsoord (WCCR) en die Namibiese Unie vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau) was teen laat gisteraand uiters plofbaar met beide partye wat volstrek weier om in te gee.                  

– Die Namibiese Verpleegsterunie (Nanu) se dreigement om volgende maand landswyd te betoog, staan volgens die Arbeidskommissaris op ’n mank been. 

– Volgens ’n skikking in die uitgerekte stryd oor Windhoek se elektrisiteitspryse wat gister deur die Minister van Myne en Energie, mnr. Erkki Nghimtina, aangekondig is, het die munisipaliteit toegegee dat hulle inwoners te veel vir krag vra.                                            


VRYDAG 17 NOVEMBER 2006

– Soldate verklaar nie oorlog teen mekaar nie, maar wel die politici.                               

– Die beleërde Katolieke kerk in Namibië bevind hulle nou op Otjiwarongo in ’n nuwe krisis van interne verdeeldheid en inwoners-onmin.

Kommentaar

Republikein 2026-11-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer