Photo Caption
Photo Caption

20 jaar gelede

-

MAANDAG 16 OKTOBER 2006

– Jarelange arbeidsonmin by Ramatex se tekstielaanleg in Windhoek is laat Saterdagnamiddag met noemenswaardige toegewings aan byna 3 000 stakende Namibiërs bygelê.                            

– Die Republikein Party (RP) het Vrydag ’n pleidooi tot President Hifikepunye Pohamba gerig dat die nuwe opheffingsbeker vir oorlogsveterane nie oudvegters van die Suidwes-Afrikaanse Gebiedsmag (SWAGM) en Koevoet mag verbygaan nie.    


DINSDAG 17 OKTOBER 2006

– Hoewel ’n handvol Windhoekers gister hul dag deurgebring het met ’n mop en besem in die hand om modderplasse uit huise te was en water op te droog, was ’n swaar bui reën ’n goeie toetslopie vir Windhoek.     

– Homoseksueles wat rein leef, is op die kansel, in die ampte en op die banke van die NG kerk in Namibië (NGKN) welkom.

– Die Siamese tweeling van Oshakati het ’n maand en twee dae ná hulle geboorte vermoedelik die stryd teen bloubaba-sindroom gewonne gegee.                                                          


WOENSDAG 18 OKTOBER 2006

– Negehonderd dooie robbe is binne drie dae op die strand tussen Hentiesbaai en Kruiskaap deur werkers van die aanleg Seal Products opgetel.                                        

– ’n Multimiljoendollar bedrogspul is op Oranjemund oopgekrap en drie verdagtes is aangekeer.

– Korrupte belastingamptenare en ooreerlike belastingbetalers in Windhoek se dae is getel: die skerp forensiese oog van die Ontvanger van Inkomste fokus nou op die stad en op ongerymdhede wat die keiser indoen.   


DONDERDAG 19 OKTOBER 2006

– Die nuwe eienaars van die Namibiese, Ongopolo Mining and Processing, het hulle op twee verskillende fronte in probleme vasgeloop wat moontlik verreikende gevolge kan inhou.                    

– Tronkstraf tussen 20 en 40 jaar en boetes van tot N$500 000 is die streng strafmaatreëls wat voortaan in Namibië se stryd teen dwelmgebruik en handel in dwelms ingespan gaan word. 

– Twee bekende Namibiese families is in rou gedompel nadat ’n jong vrou van Swakopmund en topstudent aan Onderstepoort buite Pretoria eergister in haar huis in dié stad vermoor is.                                               


VRYDAG 20 OKTOBER 2006

– ’n Jong man wat sy meisie verkrag en met ’n gebreekte bottel aan haar kop, gesig, boude en geslagsdele gesny het, het Woensdag in die landdroshof op Gobabis verskyn.                            

– ’n Groot gat in ’n dun Amerikaanse beursie het vir eers die koeëls uit Wesley Snipes se geweerloop in Gallowwalker gestuit.

Kommentaar

Republikein 2026-10-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer