Photo Caption
Photo Caption

20 jaar gelede

-

MAANDAG 2 OKTOBER 2006

– “Indien julle nie die grond wil hê nie, breek jul huise af en trek!”                         

– Bekentenisse het voor die naweek daartoe gelei dat die groep kluisdiewe wat verlede week op Solitaire toegeslaan het, een na die ander agter tralies beland het. 

– “Vanuit die lug kon ek sien ons het met absolute verwoesting te doen. Hoe die diere aan die lewe gehou gaan word, weet niemand nie.”

   

DINSDAG 3 OKTOBER 2006

– Die staat het gister alles in die stryd gewerp om die borgaansoek van die Israeliese uitgewekene teen te staan wat verlede week op instruksie van Interpol in Washington by sy woning in Windhoek in hegtenis geneem is.   

– Die tweede en derde beskuldigdes in die moordverhoor van me. Alexandra Mooren (44) het gister as vry mans uit die Hoërhof in Windhoek gestap.

– Drankmisbruik het sedert verlede week regstreeks tot die dood van minstens twee mense in die Oshanastreek gelei, volgens die polisie se woordvoerder in die streek, konstabel Christine Fonsech.  

                                                        

WOENSDAG 4 OKTOBER 2006

– Die voormalige DTA-politikus wat hom steeds openlik in ballingskap vir ’n onafhanklike Caprivi beywer, mnr. Mishake Muyongo, is volgens Denemarke nie onderhewig aan enige vorm van sensuur op sy afstigtingspolitiek-uitsprake nie.                                       

– ’n Spesiale en bykomende ministerie vir die welstand en welsyn van voormalige vryheidsvegters is waarskynlik vandag die troefkaart van die Regering met gerugte van ’n mini-kabinetskommeling.      


DONDERDAG 5 OKTOBER 2006

– Die einde van ’n era vir een van die land se mees omstrede weermag-generaals, lt. genl. Solomon (Jesus) Hawala, breek eersdaags aan wanneer hy bevel oor die NDF gaan afstaan en met pensioen aftree.                  

– Voormalige vryheidsvegters het gister se aankondiging van ’n nuwe ministerie vir oudstryders verwelkom en daarop gewys dat dit een van die voorstelle is wat in Junie aan die Regering gemaak is.

– Die stadsraad van München kan volgens aanduidings uit Duitsland dalk vandag as versoeningsgebaar uiteindelik besluit om die omstrede Van Trothastraat hier na Hererostraat te vernoem.  

                                              

VRYDAG 6 OKTOBER 2006

– Die uurglas vir die 16 jaar lange monopolie op selfoondienste in Namibië is vinnig besig om leeg te loop.                          

– ’n Voormalige werknemer van die Ministerie van Verdediging wat gedink het een se “dood” is ’n ander se brood, is gister in die Hoërhof in Windhoek tot twintig jaar tronkstraf gevonnis.

Kommentaar

Republikein 2026-11-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer