Photo Caption
Photo Caption

20 jaar gelede

-

MAANDAG 11 SEPTEMBER 2006

– Ondanks die laer ruolieprys, kan prysvoos padgebruikers in Namibië nie soos hul eweknieë in Suid-Afrika uitsien na ’n verlaging in die prys van petrol en diesel nie.                    

– Enkele maande nadat tientalle mense in Namibië aan polio dood is, maak die gesondheidsowerheid hom reg om die uitbreking van tuberkulose weens ’n dodelike superkiem te beveg. 

– Vyf bejaarde buitelanders op besoek aan Namibië was die afgelope paar dae die slagoffers van vreemde en buitengewone ongelukke.

   

DINSDAG 12 SEPTEMBER 2006

– Namibië het die afgelope jaar 70% van sy aanloklikheid as beleggersbestemming verloor en moes gevolglik drie plekke op ’n vername internasionale ranglys vir sakeomgewings inboet.

– Heffings op swaarvoertuie wat vroeër vanjaar deur die Padfonds-Administrasie ingestel is, is onwettig en heffings wat reeds deur die eienaars van dié voertuie betaal is, sal nou terugbetaal moet word.     

– ’n Uitgeteerde en gespanne Lungile Mawisa is in ’n volgepakte hofsaal in Windhoek aan moord met direkte opset skuldig bevind en word vanoggend gevonnis.     

                                                    

WOENSDAG 13 SEPTEMBER 2006

– Hulle is gesond, weeg saam 4,5 kg en hulle name beteken “Ek het die Here aan my kant” en “Ek maak staat op die Here se liefde”.                                    

– Ontevrede Plan-veterane se jongste sperdatum vir ’n bevredigende antwoord op hul reusevergoedingseise aan die Regering, kan net soos verlede week se beplande betoging en beleg van die Parlement in die belang van vrede in die slag bly.         

– Die debat rondom hoe belangrik die huidige president en die voormalige president in Namibiërs se oë is, het gister in die Nasionale Vergadering (NV) weer na vore gekom toe me. Nora Schimming-Chase van die Congress of Democrats (CoD) vrae rondom die foto’s van Pres. Hifikepunyu Pohamba en sy voorganger, mnr. Sam Nujoma, in regeringskantore gestel het.


DONDERDAG 14 SEPTEMBER 2006

– Die vyf straatkinders van Gobabis wat die prooi van die pedofiel Abraham Jacobus Roux was, gaan die vier fietse, nuwe skoene en klerasie kry wat as bewysstukke gedien het.                      

– Sowat N$32 000 wat bestee is op ’n jaguitstappie vir oudpresident Sam Nujoma maak deel uit van ’n polisieondersoek na ’n klag van beweerde bedrog teen die voormalige hoofbestuurder van Patriotic Construction Company, mnr. Eddie Champion.       

                     

VRYDAG 15 SEPTEMBER 2006

– Klagte van verset teen inhegtenisneming en aanranding met die doel om te beseer, word teen die bevelvoerder van die polisie se spesiale veldmag, komm. Danger Ashipala, ondersoek.                           

– ’n Orgie deur oermense op ’n gewilde Swakopmundse strand het besoekers uit die buiteland gisteroggend hul goed laat oppak en hul reise deur die res van Namibië laat voortsit.   

– Kliënte van FNB Namibia moes die afgelope jaar meer as N$31 miljoen betaal net om hul kontant by dié bank te deponeer.



Kommentaar

Republikein 2026-11-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer