Photo Caption
Photo Caption

20 jaar gelede

-

MAANDAG 4 SEPTEMBER 2006

– Die United Democratic Party (UDP) het die eerste politieke party in die land geword om as ’n onwettige organisasie verklaar te word.                   

– Rössing het op sy 30ste verjaardag net wasdom bereik.

– Die protesoptog van voormalige vegters van die People’s Liberation Army of Namibia (Plan) gaan vandag voort ondanks ernstige vermanings deur die Regering om af te sien van die planne. 

  

DINSDAG 5 SEPTEMBER 2006

– ’n Ekologiese ramp het die Etosha Nasionale Park getref toe meer as 200 000 hektaar weiding aan die westekant van die park, wat skaars dierspesies huisves, vernietig is.

– Die invloed van die voormalige president, mnr. Sam Nujoma, op algemene lands- en regeringsake is opnuut bewys met ’n multimiljoendollar-projek by Lubango, Angola, wat nou ingevolge ’n Nujoma-opdrag deur Namibiese belastingbetalers gefinansier moet word.     

– Ontevrede vryheidsvegters se voorgenome opmars na Staatshuis en ’n meegaande beleg van die Parlement is ter elfder ure hoofsaaklik danksy die bemiddeling van een van die land se mees gerespekteerde kerkgeeste gestuit.                                                        


WOENSDAG 6 SEPTEMBER 2006

– Bouwerk aan oudpresident Sam Nujoma se Lubango-skool in Angola begin op 9 Oktober en moet op 26 Januarie aanstaande jaar voltooi wees.                                   

– ’n Ongemagtigde saamrygeleenthede Swakopmund toe, het vir ’n sebraslang van Omaruru skeef geloop toe hy as ’n ongewenste gas in die munisipale ruskamp betrap en agter slot en grendel in die vakansieoord se slangpark beland het.        

– Die hoof van ’n inwonersvereniging op Usakos wat hom vir die bestryding van geweld teen vroue en kinders beywer, sit agter slot en grendel omdat hy na bewering ’n agtjarige meisie verkrag het.


DONDERDAG 7 SEPTEMBER 2006

– Die tweede en laaste van die lankverwagte Airbus A340-300’s het gisteroggend kort voor halfnege stil-stil op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako buite Windhoek neergestryk.             

– Doeltreffendheid op alle owerheidsvlakke vereis ’n omvattende regrukplan wat wysigings aan die Grondwet, die Wet op Plaaslike Owerheid en die kiesstelsel verg.                   

– “Afrika moet belê in die opleiding van wetenskap- en wiskunde-onderwysers.”

                            

VRYDAG 8 SEPTEMBER 2006

– Die boedel van die tandarts wat verlede jaar uit Namibië gevlug en in Suid-Afrika selfmoord gepleeg het toe ’n omvangryke bedrogondersoek teen hom aan die lig gekom het, sal nie die Ministerie van Finansies ten volle kan vergoed vir die geld wat hy gesteel het nie.                          

– Profetiese voorspellings en dramatiese gebeure het met die dood van ’n onderwyseres van die Omusatistreek gepaard gegaan.  

– Die Teenkorrupsiekommissie het twee verkeerskonstabels van Otjiwarongo vir die beweerde ontvangs van omkoopgeld laat aankla.



Kommentaar

Republikein 2026-09-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer