20 jaar gelede
MAANDAG 28 AUGUSTUS 2006
– Namibië sal nooit weer ’n kolonie wees nie en die integriteit van die land se grondgebied is nie oop vir onderhandeling nie.
– Terwyl haar eienaar die naweek in Mediclinic in Windhoek om haar lewe geveg het, is Tara, ’n 13-jarige bokserhond, enkele kilometers daarvandaan in die Windhoek Veterinary Clinic ook vir steekwonde behandel.
– ’n Skooltoer na die Wes-Kaap het gisteroggend vir ’n vyftigtal Namibiërs op Strandfontein in ’n nagmerrie verander toe die see een van die land se belowende jong sportmanne geneem het.
DINSDAG 29 AUGUSTUS 2006
– Vliegtuigbrandstof, Avgas en Jet A1, het sedert middel Junie vanjaar met onderskeidelik 67% en 64% gestyg en bedreig nie net die lugvaartbedryf nie, maar hou ook ’n wesenlike gevaar vir die sakesektor, toerisme en uiteindelik die verbruiker in.
– Teen 17:30 Suid-Afrikaanse tyd het reddingswerkers en vriende steeds op Strandfontein gesoek na die 13-jarige Gabes Shaama van die Laerskool Pionierspark wat Sondagoggend deur ’n sterk seestroom meegesleur is.
– ’n Verteenwoordiger van die Linkse Party in die Duitse Bundestag, mnr. Hüseyin Aydin, het Sondag tydens rooivlagdagvieringe op Okahandja gesê hy beywer hom daarvoor om die Herero’s se eise op Duitsland se politieke agenda te plaas.
WOENSDAG 30 AUGUSTUS 2006
– Namibië gaan minstens twee jaar nog op die kruin van die uraangolf ry.
– Met sowat 48 uur voordat die nuwe skaapskema van “een op ses” in werking tree, het die Suide die afgelope ses dae ’n ongekende skaap-stormloop beleef.
– Politieke kenners, grondwetlike deskundiges en akademici waarsku dat Namibië se demokratiese ontwikkeling ernstige skade kan opdoen indien oudpresident Sam Nujoma terugkeer as staatshoof nadat pres. Hifikepunye Pohamba se termyn verstryk het.
DONDERDAG 31 AUGUSTUS 2006
– Oomblikke van rou, emosionele meelewing het afgespeel toe ’n groep leerlinge van die Laerskool Pionierspark net voor middernag Dinsdagaand met ’n bus op die skoolterrein in Windhoek ná ’n toer van gruwels stilgehou het.
– Die dodetal in padongelukke sedert die begin van die naweek het met die dood van minstens nog ses mense op 13 te staan gekom.
– Die finansies van die Hardap-streekraad vir die tydperk van 1 April 2001 tot 31 Maart 2004 was in so ’n chaotiese toestand dat geldelike verliese weens ongerymdhede tot vandag toe nog nie opgelos is nie.
VRYDAG 1 SEPTEMBER 2006
– Landdros Peter Kavaongelwa, wat onlangs wenkbroue laat lig het toe hy as ’n staatsamptenaar die beherende aandeel in die multimiljoen- Northland- ontwikkelingsprojek gekoop het, kon vanweë sy nuwe sakepligte nie gister die tugverhoor teen hom op ’n veeltal klagte van wangedrag in Windhoek bywoon.
– ’n Voormalige streekraadslid van die Hardapstreek, mnr. Stephanus Dax, sê hy het geen lenings by die raad aangegaan nie en skuld hulle niks nie.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie