20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Eva Rittmann

MAANDAG 24 JULIE 2006


– Net ’n wonderwerk kan die verstandelik gestremde Johannes Hanse (9) red na hy verlede week deur ’n hondsdol ratel op ’n plaas in die Okahandja-omgewing in die gesig, op sy arms en bene gebyt is.                

– Op die plaaswerwe tussen Nina en Dordabis sit boere letterlik in as en oordink die vernietigende brande van die 2006-seisoen wat binne ’n enkele week miljoene dollar se wild en vee doodgebrand en derduisende hektaar weiveld vernietig het.

– ’n Geregsbode van Keetmanshoop is Saterdagaand saam met drie ander mans in hegtenis geneem nadat hy gesteelde vee gekoop het.  


DINSDAG 25 JULIE 2006


– Die jongste poging deur 12 vermeende Caprivi-afstigters om hul kriminele verhoor met politieke argumente te pypkan, het gister op die rotse geloop.                     

– Die dorpsraad van Okahandja is op die oomblik rigtingloos ná Swapo se distriksbestuur sy vier raadslede aan die raad onttrek het.    

– Die verstandelike gestremde seun wat verlede week deur ’n hondsdol ratel aangeval is, sterk goed aan en wys dusver nog geen simptome van dié gevreesde siekte nie.                                                           


WOENSDAG 26 JULIE 2006


– Die komitee vir oudvryheidsvegters sê hulle stel geensins daarin belang om verder met die Swapo-leier, mnr. Sam Nujoma, oor eise vir voormalige vegters te onderhandel nie.                             

– Die twaalf Capriviane wat in die Hoërhof teregstaan op klagte van hoogverraad het gister tydens hulle verhoor geê dat hulle met die Staatspresident, mnr. Hifikepunye Pohamba wil onderhandel.     

– ’n Siviele eis van N$25 miljoen teen die Namibiese hawe-owerheid Namport en Portnet van Suid-Afrika, is blykbaar die hoofrede agter die skielike skorsing van Walvisbaai se hawekaptein, kapt. Vladimir Gusev.  


DONDERDAG 27 JULIE 2006


– ”Ek stel dit aan jou dat jy en jou vriendin dié storie uit die duim gesuig het omdat julle besef het julle is in groot moeilikheid.       

– Die Windhoek munisipaliteit se nege top-amptenare, uitgesluit die hoof uitvoerende beampte, vryf vanoggend hul hande vir ’n salarisaanpassing van minstens 18 persent, wat hulle verdienste tot ’n kerf bo N$54 000 per maand sal stoot.                  

– Ondanks die feit dat sy eerste ronde chemoterapie nie geslaag het nie en hy noodgedwonge vir ’n tweede kursus moes gaan, bly die 17-jarige Gero Roemer van Windhoek positief.                               


VRYDAG 28 JULIE 2006


– In ’n dramatiese wending binne een van die mees opspraakwekkende vervolgings in die Namibiese misdaadgeskiedenis sal mnr. Pio Teek vanoggend weet of hy ’n vry man is of nie.                        

– ’n Voorlegging om die nege top-amptenare van die Windhoek munisipaliteit se salarisse met minstens 18 persent aan te pas, is voorlopig uitgestel. 

– Norbertus “Norries” !Goraseb, algemeen beskou as een van die beste sokkerspelers in Namibië se geskiedenis, is verlede Woensdag oorlede.



Kommentaar

Republikein 2026-08-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer