20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

20 jaar gelede
20 jaar gelede
Sanet Pearson

Maandag 30 JANUARIE 2006

– Walvisbaai staar ’n waterkrisis in die gesig ná die Kuisebrivier vir die eerste keer in etlike jare die Rooibank-pompstasie bereik het en besig is om na die see te beur.                                                    

– ’n Uitstappie na Lüderitz het Vrydag vir drie seuns van die Privaatskool Keetmanshoop in ’n tragedie ontaard toe die motor waarin hulle ’n saamrygeleentheid gekry het, in ’n grubotsing naby Aus betrokke was.   

– Die presisie van die tegnologie van 2006 en die kameraderie van die see het vyf Walvisbaaiers op see laat oorleef.

 

DINSDAG 31 JANUARIE 2006

– Lede van die Namibiese polisie se ernstige misdaadeenheid het drie rowers gisteroggend op heterdaad betrap waar hulle probeer het om die East End Shell-vulstasie en -winkel in Klein Windhoek te beroof.                                                   

– Water het die afgelope naweek stadig in die lope van die Nossobrivier tot net verby Aranos gebeur – die eerste keer in 20 jaar wat inwoners van die dorp dié gesig beskore was.

– Sowat 20 kandidate het vir die posisie van direkteur-generaal van die NBC aansoek gedoen en dié aangeleentheid sal na verwagting eers teen die einde van Februarie afgehandel word.   

– Die waterkrisis wat sedert Sondag op Walvisbaai voorkom, kan moontlik nog tot die einde van die week voortduur terwyl die Myl 7-reservoir gistermiddag op die laagste vlak ooit gestaan het. 

 

WOENSDAG 1 FEBRUARIE 2006

– Kriminele klagte gaan teen die 73 Oshiwambo-boere gelê word wat hul beeste onwettig in die Kwangali-stamgebied in Kavango laat wei.       

– Reën dit tot aan die einde van die seisoen soos in Januarie, kan Namibiërs uitsien na die beste reënvalsyfers sedert dit versamel word.    

– Die onstuimigheid wat die afgelope jare in die Namibiese visbedryf woed, het opnuut tot uitbarsting gekom met die eerste voorval van massa-arbeidsonrus in 2006 wat ernstige gevolge vir die land se ekonomie kan inhou.                     

 

DONDERDAG 2 FEBRUARIE 2006

– Die Namibiese polisie het gister hulle feestydverslag bekend gemaak wat suksesse ten opsigte van verkeersoortredings, asook rooftogte en die opspraakwekkende Kohnke-moord insluit.                                             

– Namibiërs is deur Pres. Hifikepunye Pohamba versoek om hokaairoepers te word en alle moontlike inligting te verskaf aan die pas ingestelde Teenkorrupsiekommissie (TKK) ten einde die euwel van korrupsie en wanpraktyke in die land hok te slaan.    
– Die geloofwaardigheid van die pas ingestelde FANMeat-skema is gister tydens ’n veiling van Blaauwberg Meat Wholesalers op Grootfontein in die weegskaal geplaas nadat produsente die stelsel blatant ondermyn het.

VRYDAG 3 FEBRUARIE 2006

– ’n Maanhaar is Maandag in ’n waternat Etosha Nasionale Park afgeneem terwyl hy besig was om ’n springbok te agtervolg, wat later sy prooi geword het.           

– Die Namibiese Reserwebank het gister die bankkoers onveranderd op 7% gelaat en koue water gestort oor bespiegelinge van ’n moontlike verlaging voor die einde van die jaar.

– Ten spyte daarvan dat die aantal studente uit Namibië wat tans medies studeer sowat 400 persent meer is as tien jaar gelede, steier openbare gesondheidsorg steeds onder die erge tekort aan dokters, tandartse, aptekers en ander mediese kundiges.

Kommentaar

Republikein 2026-03-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer