’n Geskenk soos min
Vir so lank as wat ek kan onthou was die Bybelverhaal van Hanna vir my baie spesiaal.
Sy het lank vir ’n kindjie gebid – en toe kry sy Samuel. Dié kindjie wat sy, volgens belofte, moes afgee. Iets wat sy met vreugde gedoen het. Sodat die Here, deur Samuel, ’n wonderlike geskenk aan sy volk kon gee. . .
Ek weet van baie sulke voorbeelde: Ouers wat ’n spesiale kind kry en daarop reageer met liefde, toewyding en veral uitreiking. Om sodoende seën “vorentoe te gee” vir kinders wat ook anders is.
Ek noem graag enkeles van hulle:
– Ma Colleen: Die ma van twee dowe kinders, wat dadelik besef het dat hulle spesiale hulp nodig het. Toe begin sy ’n kleuterskool vir kinders met kommunikasieprobleme en wy baie jare, energie en geld daaraan om hierdie skool, nie net vir haar eie kinders nie, maar ook vir ander met dieselfde uitdagings, in stand te hou.
– Ma Rika: Haar enigste kind is op driejarige ouderdom met Prader-Willi-sindroom gediagnoseer. Dit is ’n genetiese toestand waarvan die belangrikste kenmerk voedingsprobleme is. Die kinders is altyd honger – gevolglik is daar onbeheersde gewigstoename wat selfs tot die dood kan lei. Dit was juis die onbekendheid van dié probleem wat Rika genoop het om ’n vereniging te stig (PWSSA) waardeur sy ouers vir 25 jaar van praktiese inligting en ondersteuning kon voorsien.
– Ma Marisa: Sy was iemand wat haar met hartstog toegespits het op die veld van haar beroepskeuse (finansies). Maar na die geboorte van hulle dogtertjie, kom die besef dat sy anders was as haar boeties – outisties. En in die Oos-Vrystaat waar hulle woon, was daar geen opvoedkundige stelsels vir “spesiale” kinders nie. Toe begin sy ’n kleuterskool wat outistiese kinders kan help. Vandag is dit ’n suksesvolle privaat skool wat in stand gehou word deur ouers wat omgee vir hulle kinders. Weer eens ’n ma wat nie net haar eie kind nie, maar ook ander wat hulp nodig het, kon help.
– Ma Corné: Haar tweede seuntjie is gebore sonder die verbinding tussen sy magie en sy slukderm. En omdat hierdie moeder presies verstaan het wat die implikasies van die probleem is, het sy na ander ouers uitgereik. So vestig sy OATSA – ’n vereniging wat steun bied aan ouers van kinders met aangebore slukderm- en lugpypafwykings. Sy motiveer die vereniging se bestaan:”. . . because being born unable to swallow is hard enough.” Die ledetal van hierdie vereniging het vinnig gegroei – van die Kaap tot in Namibië. Met dankbare ouers wat nou weet waar om hulp te kry as hulle nuwe babatjie “anders” is.
– ’n Laaste voorbeeld, wat werklik soveel omgee-moeders en -vaders het dat dit moeilik is om een mens uit te sonder. Dit is die ouers van kinders met downsindroom. Hierdie kinders word graag as “sonstraal”-kinders beskryf, weens hulle liefdevolle geaardheid. Maar dit verbloem die erns van die probleem.
Kinders met downsindroom het spesiale hulp nodig op skolastiese, sosiale en beroepsterreine. Wat die situasie vererger, is die feit dat hulle dikwels gebore word wanneer die ouers nie meer jonk is nie. Sodoende is dié kinders soms op ’n jong ouderdom wees – en onbeskermd. Gelukkig is daar wêreldwyd verenigings wat sulke probleme kan oplos. Ook hier in Namibië bied DSAN wonderlike hulp aan ouers en kinders met downsindroom.
Hierdie is net ’n paar voorbeelde van hoe een ouer van ’n kind wat spesiale hulp nodig het, ’n groot verskil in die lewens van baie ander kan maak.
Namens alle ouers van kinders met spesiale uitdagings: Dankie dat julle uitreik na ouers en kinders wat hulpeloos, moedeloos en eensaam is. Julle spesiale kind was ’n wonderlike geskenk aan ander spesiale kinders. . .
– Gasskrywer
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie