‘Oumensies’ se voet
Sy het geglimlag – die wasige mis van ouderdom het die sterretjies in haar oë verdof.
Daar was geen statigheid nie. Inteendeel, weerloosheid en verganklikheid het haar skouers soos kombersies bedek. Dit is so maklik om die tannie se kwesbaarheid met die van ’n kind te misgis.
Anders as ’n kind het hierdie tannie geleefde kennis en wysheid. Moenie dat haar emosionele broosheid jou flous nie. Die tannie se ervarings is ryk en haar stories epies.
Ek onthou ’n gesprek wat ek vele jare gelede met hierdie tannie gehad het. Sy het in Duitsland gewoon en grootgeword. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was sy ’n jong vrou. Iets waarteen my ma my gewaarsku het, is dat ’n mens nie ander mense oor hul oorlogservarings uitvra nie. Dit het sy by haar pa wat in die Tweede Wêreldoorlog geveg het geleer. Ek gesels toe met die tannie oor haar kinders en haar oorlede man.
Gevolglik, deur net ’n paar eenvoudige, opregte vrae te vra, het die tannie vir my van haar lewe begin vertel. Onder andere haar ervaring van die oorlog. Sy het my van hulle swaarkry vertel en hoe sy en haar man ná die oorlog wou trou, maar daar was rêrig nie geld nie, ook nie basiese hulpbronne nie.
Die troue is toe beplan deur ’n hele gemeenskap te betrek. Die kos was baie eenvoudig en ’n familielid het ’n vark geskenk. Daar was geen materiaal vir ’n bruidskleed nie en so het hulle ou valskerms gebruik om die trourok mee te maak.
Tog, wanneer ’n mens die eerste keer met die tannie te doen kry, kan mens sien hoe sommige mense in jonger stadiums van hul lewens die tannie as kinderlik kan ervaar.
Gereeld hoor ek “ek is mal oor oumensies” of “oumensies is dierbaar, want hulle is soos kinders”. Om een of ander rede maak die woord “oumensies” my ongemaklik. Die verkleiningsvorm plaas hulle in ’n laer hiërargie teenoor “gewone mense”.
Dis ’n feit dat die verouderingsproses vele mense laat terugkeer na kinderlikheid toe. Daar is ’n teorie dat hierdie toestand ’n onderbewustelike verdedigingsmeganisme teen die verouderingsproses is. Ander kenners stel weer voor dat die “regressie” weens faktore soos behoeftes aan liefde, aandag en geselskap plaasvind. Hierdie verskynsel kom nie by almal voor nie. Sommige bejaarde mense se kognitiewe prosesse is op en wakker. Hulle woordeskat is baie groter as die gewone mens s’n en hul ervarings het tot ’n gevorderde emosionele intelligensie gelei. Dit wil sê, nie almal is ontvanklik vir verkleinwoordjies en popspeel nie.
Indien ’n tannie of ’n oom meer kinderlik as ander optree, hanteer hulle steeds as waardige mense van die samelewing.
Navorsers reken wanneer die verskynsel van kinderlikheid voorkom, verkleinwoordjies nie die benadering moet wees nie. Dit is ook baie belangrik dat kognitiewe funksie gestimuleer moet word om volwasse gedrag te bevorder.
Een manier om kognitiewe funksie te bevorder is deur storievertelling. Bejaarde mense is skatkiste van stories – net soos die tannie in Duitsland en vele ander ouer mense wat ek al ontmoet het. Hulle stories is nie die tipe stories wat ’n mens in boeke lees of televisieprogramme sien nie. Dit is geskiedkundige verhale wat menslik en opreg is.
Ek het al gelê soos ek lag vir hierdie stories. Ek het al in ongeloof na my asem gesnak. Soms word die stories bietjie aangepas of ingekleur. Hoekom nie? Netflix doen dit!
’n Ouetehuis is nie ’n kleuterskool nie. Dis ’n biblioteek. Hanteer ouer mense soos vriende – met waardigheid, respek en om hemelsnaam, sonder verkleinwoordjies!
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie